Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Madeleine-speurder kry trekpas
Lissabon. – ’n Portugese speurder betrokke by die Madeleine McCann-saak is eergister van die saak gehaal omdat hy die Britse polisie gekritiseer het. Mnr. Goncalo Amaral, die speurder, beweer dat die Britse polisie slegs leidrade ondersoek wat deur dr. Kate en dr. Gerry McCann “geskep en ontwikkel” is om sodoende die agterdog van hulself weg te vat. Die dagblad Diaro de Noticias het Amaral só aangehaal: “Die Britse polisie werk slegs aan dít wat die McCanns verkies en wat hulle pas.” ’n Paar uur later het die polisie in ’n verklaring bekend gemaak dat Amaral nie meer by die saak betrokke is nie. Daar is geen rede vir dié besluit verskaf nie. Mnr. Alberto Costa, Portugese minister van justisie, het geweier om kommentaar te lewer en het slegs gesê: “Ons moet op die werk konsentreer, nie op kommentaar lewer nie.” – Sapa-AP
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|