Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Madeleine: Polisie vra gaste se DNA
Dit volg nadat speurders inligting verkry het oor 'n moontlike ontvoerder, berig The Times. Die man aan die hoof van die Britse ondersoek na Madeleine se verdwyning, supt. Stuart Prior van die Leicestershire-polisie, het glo 'n brief aan vakansiegangers geskryf en om hul hulp gevra. Maar die polisie in Leicestershire, wat die ondersoek aan Britse kant namens die Portugese polisie koördineer, wou nie bevestig dat Prior so 'n skrywe op versoek van speurders in Portugal gerig het nie. 'n Woordvoerder wou ook nie bevestig dat die polisie in Brittanje gaste ondervra wat in die Ocean Club-kompleks in Praia da Luz gebly het toe Madeleine verdwyn het nie. In Prior se brief word glo verduidelik dat Portugese speurders in gebreke gebly het om 'n aantal monsters wat in die kompleks gekry is, te identifiseer. The Times sê sommige van hierdie monsters is in die McCanns se woonstel gevind vanwaar Madeleine verdwyn het terwyl haar ouers in 'n nabygeleë tapas-restaurant was. Intussen het een van Portugal se mees senior speurders, Paulo Rebelo, die ondersoek in die Madeleine-saak oorgeneem.
Volgens The Mirror is die McCanns se vakansiewoonstel Dinsdag vyf uur lank deurgesoek. - Sapa-dpa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|