Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Ouers aanvaar Madeleine is waarskynlik dood' "Kate en Gerry is realisties genoeg om te weet dat sy (Madeleine) waarskynlik dood is," het mnr. Clarence Mitchell hier aan verslaggewers gesê. "Hulle hoop steeds dat sy nog leef en iewers is waar sy na omgesien word. Maar dis in die menslike geaardheid dat jy altyd die ergste vrees en hulle het 'n behoefte om uit te vind wat gebeur het." Intussen het die ondersoekspan in die Madeleine-saak gekrimp tot slegs ses persone - teenoor die 100 polisiebeamptes wat in 'n stadium betrokke was.
Madeleine het op 3 Mei vanjaar uit die familie se vakansiewoonstel in 'n hotelkompleks in Praia da Luz in Portugal verdwyn terwyl haar ouers, wat sedertdien formeel ingelig is dat hulle verdagtes in die saak is, in 'n nabygeleë restaurant was. - Sapa-AFP
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|