Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Maddie: Boef sou patroon kon sien
Oct 23 2007 09:30:51:690PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Joylene van Wyk


Londen. – Drs. Kate en Gerry McCann het glo hul kinders vier aande lank alleen in die vakansiewoonstel in Praia da Luz, Portugal, gelos terwyl hulle saam met vriende by ’n tapaskroeg geëet het.

Hul vierjarige dogter, Madeleine, is sedert 3 Mei soek nadat sy uit die woonstel vermis geraak het.

Volgens ’n kelner wat by die eetplek werk was die kinders, insluitend dié van hul vriende, dié aande drie uur lank alleen gelaat met Gerry wat elke 20 min. op Madeleine en haar tweejarige tweelingbroer en -suster ingeloer het.

Kate het volgens hom slegs die aand van haar verdwyning by die kinders ingeloer en gevind Madeleine is weg.

Mnr. Jose Baptista het aan The Sun gesê dat die McCanns dié aand saam met drie ander paartjies geëet het en slegs die mans het by die kinders ingeloer.

“Hulle het die kinders tot drie uur elke aand alleen gelaat.

“Hy het gesê hulle het ’n roetine gehad en indien iemand hulle dopgehou het, sou hulle die regte oomblik kon kies om die kind te steel.

“Dit was ’n normale nag. Toe word dit ’n malligheid.

“Ek het ’n geskree van die woonstelle gehoor en my kollega het gesê ’n kind is weg.”

Hy sê hierna was dit chaos met mense wat rondgehardloop en na Madeleine geroep het. Almal het toe begin om na haar te soek.

Die groep het na berig word die aand van haar verdwyning tot sowat tien bottels wyn gedrink.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |