Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madeleine-ouers gebruik skenkings vir huisverband
Oct 31 2007 06:43:50:050AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Joylene van Wyk

Londen. - Die McCanns het geld van die fonds wat gestig is om hul vermiste vierjarige dogter, Madeleine, te vind, gebruik om twee betalings vir hul huisverband te maak.

Sedert die Britse kleuter op 3 Mei uit 'n vakansiewoonstel in Praia da Luz, Portugal, vermis geraak het, het haar ouers, drs. Gerry, 'n kar?dioloog en Kate McCann, 'n algemene praktisyn, nog nie weer teruggekeer werk toe nie. Dr. Gerry McCann sal môre weer begin werk.

Die McCanns se huis in Rothley, Leicestershire, het ?500 000 gekos en hulle moet maandeliks sowat ?2 000 op die huisverband betaal.

Die twee betalings is gedoen voordat Gerry en Kate in September amptelik as verdagtes in haar verdwyning genoem is.

Dit is reeds bekend dat haar ouers nie geld uit die fonds vir hul regskoste gebruik nie. Die stigter van die Virgin-groep, sir Richard Branson, het sowat R1,4 miljoen geskenk sodat 'n fonds begin kan word om hul regskoste te betaal.

Byna ?400 000 van die sowat ?1 miljoen wat die publiek vir die Madeleine-fonds geskenk het, is tot dusver gebruik vir die veldtog om haar te vind.

Mnr. Clarence Mitchell, die McCanns se woordvoerder, het bevestig dat hulle wettiglik geld van die fonds vir twee huisverband-betalings gebruik het.

Hy het gesê sedert hulle as verdagtes genoem is, het die McCanns en die fonds besluit dat hulle nie meer geld uit die fonds vir dié doeleinde moet kry nie.

Dit sal volgende Saterdag ses maande wees sedert die meisie verdwyn het.

Dr. Gerry McCann skryf op sy blog dat hulle op dié dag 'n biddiens in hul plaaslike kerk vir hul dogter en ander vermiste kinders sal bywoon.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |