Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madeleine: Nuwe toetse wys sy ís in motor vervoer
Nov 02 2007 11:22:19:497PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Werker gryp Maddie glo
  • Vervolger wil beslag lê op Maddie se ma se dagboek
  • Pieter Malan


    Londen. – Nuwe forensiese toetse toon dat Madeleine McCann wel in die motor vervoer is wat haar ouers ná haar verdwyning gehuur het, is gister beweer.

    Die Londense middagblad Evening Standard sê nuwe toetse deur ’n Britse forensiese laboratorium wat aan die Portugese polisie oorhandig is, versterk die vermoede dat die McCann-egpaar, albei mediese dokters, by hul dogter se verdwyning betrokke is.

    Die paar het die motor gehuur waar-in die DNS-materiaal gevind is 25 dae nadat hul dogter verdwyn het. Volgens die koerant is die hoeveelheid liggaams- vloeistof wat in die motor gevind is te veel en kon dit nie net van Madeleine se klere of speelgoed afkomstig wees nie.

    Die berigte kom ’n dag nadat Daily Mirror, ’n Britse poniekoerant, met ’n Marokkaanse vrou gepraat het wat oortuig is sy het Madeleine in September in Marokko gesien. Wat die 30-jarige me. Naoul Malhi se beskrywing van Madeleine meer oortuigend as enige vorige bewerings maak, is dat Malhi sê sy het tyd gehad om die kind in die oë te kyk en kon duidelik sien die blonde meisietjie het ’n gevlekte iris – soos Madeleine s’n.

    Die kind was saam met ’n vrou van tussen 40 en 50. Sy en die kind het in ’n taxi geklim en verdwyn.

    Malhi het die voorval by die polisie aangemeld.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |