Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klere in sak langs pad 'kan met Madeleine verbind word'
Londen. - 'n Sak klere wat met die DNS van Madeleine McCann verbind word, is langs 'n pad naby die Faro-lughawe in Portugal gevind. Dié Britse meisie (4) is sedert 3 Mei soek nadat sy uit 'n vakansiewoonstel in Praia da Luz, Portugal, verdwyn het. Haar ouers, drs. Gerry en Kate McCann, wat formeel as verdagtes in haar verdwyning genoem is, het Saterdag 'n spesiale kerkdiens op hul tuisdorp, Rothley, in Leicester?shire, bygewoon. Die diens was ter herinnering aan Madeleine se verdwyning ses maande gelede. Gerry skryf op sy blog dat dit pynlik is om nie hul dogter by hulle te hê nie, maar dat dit baie ontstellender is dat hulle moet bespiegel oor watter situasie sy haar in bevind. "Ons het geen idee of sy ly nie, maar ons moet hoop en bid dat sy soos 'n prinses behandel word." Volgens die News of the World bevat 'n baadjie en jeans wat in die sak gevind is liggaamsvloeistof en tekens van hare wat moontlik van Maddy afkomstig is. Die sak, wat twee weke gelede deur 'n verbyganger langs die pad gekry is, is vir forensiese toetse na 'n laboratorium in Birmingham gestuur. Die jeans het 60 verskillende vlekke op gehad. In die verslag word genoem dat die blou baadjie van pluisstof en die jeans tekens van vel en hare bevat.
Dit bevat DNS-eienskappe wat aan Madeleine toegeken kan word. Daar is ook ander stukke in die sak gevind, maar geen tekens van haar DNS is daarop gevind nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|