Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Maddie leef beslis nog, sê speuragentskap
Londen. – Private speurders wat deur die ouers van Madeleine McCann gehuur is om haar te soek, is baie seker dat sy nog leef. Volgens hulle is hulle op die punt om haar ontvoerders vas te trek. Madeleine is sedert 3 Mei soek toe sy uit ’n vakansiewoonstel in Praia da Luz, Portugal, vermis geraak het. Haar ouers drs. Gerry en Kate McCann, albei 39, is al as verdagtes in haar verdwyning genoem. Die Spaanse agentskap Metodo 3 meen hy weet wie die ware ontvoerders is. Mnr. Francisco Marco, hoof van die agentskap, het aan News of the World gesê hulle is 100% seker sy leef nog en is wel ontvoer. Die speurders werk aan die teorie dat drie mense by die ontvoering betrokke was nadat ’n nuwe ooggetuie na vore gekom het. Die ooggetuie beweer sy het gesien hoe ’n man en ’n vrou die vierjarige meisie in Sentraal-Portugal in ’n voertuig druk, twee dae ná haar verdwyning.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|