Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Hul Kersfeeswens: Om Maddie terug te kry
Dec 26 2007 08:57:47:190PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Ek sien hom wegstap met Maddie'
  • Maddie leef beslis nog, sê speuragentskap
  • Maddie: Boef sou patroon kon sien
  • Werker gryp Maddie glo
  • Vermiste Maddie glo deur twee in Marokko gewaar
  • Londen. – Die ouers van Madeleine McCann sê dié Kersfees was die moeilikste denkbaar en hul enigste Kersfeeswens is om hul dogter terug by hulle te hê.

    In ’n video-boodskap wat Saterdag uitgereik is, praat die egpaar regstreeks met hul dogter en moedig haar aan om sterk te wees.

    Madeleine het op 3 Mei, ’n paar dae voor haar vierde verjaardag, uit haar ouers se vakansiewoonstel aan die Portugese kus verdwyn.

    Haar ouers, Kate en Jerry, albei dokters, en ’n Britse man wat in Portugal woon, mnr. Robert Murat, is sedertdien deur die Portugese polisie as verdagtes geïdentifiseer.

    Niks het sedertdien van hul ondersoek gekom nie.

    In die video, wat aan uitsaaiers wêreldwyd uitgereik is, sit die McCanns voor ’n Kersboom in hul huis in Rotherham in die noorde van Engeland.

    Hulle doen ’n beroep op die persoon wat Madeleine ontvoer het om hul wanhoop en angs te beëindig. Mev. McCann pleit in die video: “Doen asseblief die regte ding.”

    Die video van drie minute bevat ook uittreksels uit ’n familievideo wat verlede Kersfees geskiet is waarin Madeleine van haar geskenke oopmaak. – Sapa-AP


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |