Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Dalk fliek oor vermiste Maddy
Jan 08 2008 08:46:30:460PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Hul Kersfeeswens: Om Maddie terug te kry
  • Madeleine: nuwe leidrade ná uitsending
  • 'Ek sien hom wegstap met Maddie'
  • Londen. – Die ouers van Madeleine McCann is besig met onderhandelinge om ’n fliek te maak oor hul vermiste dogter.

    Kate en Gerry McCann is in besprekings met IMG oor ’n transaksie waarby miljoene rande betrokke is, aldus die Evening Standard in Londen.

    Dié geld sal help om die voortgesette soektog na Madeleine te finansier. Daar word gevrees dat die £1,2 miljoen (sowat R16,2 miljoen) wat deur die publiek geskenk is, binnekort uitgeput sal wees.

    Madeleine het in Mei 2007 uit ’n vakansiewoning in Portugal verdwyn. Hoewel haar ouers volhou dat sy ontvoer is, het die Portugese polisie hulle as amptelike verdagtes aangewys.

    Die Madeleine Fund, wat deur die McCanns gestig is, betaal ’n Spaanse speurder £50 000 (sowat R700 000) per maand om na Madeleine te soek, asook ’n massiewe plakkaat- en televisie-advertensieveldtog in Spanje, Portugal en Marokko. – Sapa-DPA


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |