Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Kate en Gerry McCann: Jammer'
Mar 19 2008 12:30:03:917PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

'n Britse poniekoerantgroep het Woensdag 'n verskoning aan die ouers van Madeleine McCann, wat in Portugal vermis geraak het, op voorblaaie gepubliseer en sal na verwagting ook substantiewe skadevergoeding aan die McCanns betaal.

Dít kom ná 'n lastersaak wat Kate en Gerry McCann teen die koerantgroep aanhangig gemaak het.

Die opskrifte op die Daily Express en Daily Star se voorblaaie Woensdag lees: "Kate and Gerry McCann: Sorry" gepubliseer.

Na verwagting sal die groep se Sondagkoerante dieselfde doen.

Daar word verwag dat die ouers van Madeleine later Woensdag in die hooggeregshof in Londen 'n openbare verskoning sal kry ná berriggewing deur dié koerante wat geïmpliseer het dat die ouerpaar moontlik betrokke was by die verdwyning van Madeleine terwyl die gesin met vakansie in die Algarve in die suide van Portugal was.

Daar sal ook 'n "aansienlike bedrag" aan die McCann's betaal word wat gebruik sal word vir die stigting van 'n fonds wat sal help om Madeleine te vind. - Sapa

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |