Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA loods se SMS: ‘Help asseblief!’
Mar 25 2008 08:46:39:140PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Brenton Smyth
Erika Gibson


’N Suid-Afrikaanse vlieënier was teen gisteraand steeds in aanhouding in Harare se sentrale polisiekantoor nadat lede van die Zimbabwiese intelligensiediens hom gisteroggend op die lughawe in hegtenis geneem het.

Mnr. Brenton Smyth (31) sou mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier en een van die presidents-kandidate in die Zimbabwiese verkiesing, na verskeie voorverkiesingsvergaderings geneem het.

Volgens mnr. Wessel van den Bergh, uitvoerende bestuurder van ATS Helicopters en Smyth se werkgewer by die Grand Central-lughawe in Midrand, is Smyth reeds sedert die naweek in Zimbabwe.

Hy sou Tsvangirai vroeër van Bulawayo af vervoer het, maar die Zimbabwiese owerheid het met die goedkeuring van klarings gesloer.

Volgens mnr. George Sibotshiwe, Tsvangirai se persoonlike assistent, was hulle gister op pad na die lughawe toe Smyth hom bel en sê hy word deur sowat 15 lede van die intelligensiediens omring.

Smyth was besig om die helikopter vir die vlug gereed te kry.

Tsvangirai sou gister ses byeenkomste in die suidelike dele van die land in Masvingo en Manicaland hou.

“Smyth het al die nodige dokumente persoonlik (by die Zimbabwiese lugvaartowerheid) ingedien. Ons het reeds toestemming gehad om te vlieg,” het Sibotshiwe gesê.

“Toe ons daar kom en aan boord wou gaan, het hulle gesê ons het nie toestemming nie. Ons moes die helikopter daar los totdat Smyth weer vlugplanne by die lugvaartowerheid ingedien het.”

Smyth is saam met ’n MDC-LP en nog drie MDC-lede opgesluit. Die helikopter se sleutels is ook gekonfiskeer.

“Dit is met groot magsvertoon gedoen en Brenton was agterna taamlik ontsteld oor die wyse waarop hulle gegryp is,” het Van den Bergh gesê.

Smyth het per SMS laat weet: “I am in serious trouble – please help!”

Smyth, wat sowel Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap het, het die land met laasgenoemde paspoort binnegegaan. Die aanhouding is ook by die Britse hoë kommissariaat aangemeld en dié se konsul was gistermiddag by Smyth.

Volgens Van den Bergh is Smyth nie in arres nie en geen klagte is teen gisteraand nog aan hom gestel nie. Die polisie het egter ’n lasbrief wat sy aanhouding magtig.

Lugvaartkenners het gister gesê ingevolge internasionale lugvaartregulasies mag ’n vlieënier nie in hegtenis geneem word nie behalwe wanneer hy ’n ernstige misdryf soos smokkelary pleeg.

Die ergste wat kon gebeur het as beweer word dat Smyth se dokumente nie in orde was nie, was om die vliegtuig te skut. Volgens ATS was al sy dokumente goedgekeur en soos vereis word.

Die departement van buitelandse sake het gister gesê hy is bewus van die aangeleentheid. Die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Harare is in verbinding met die Zimbabwiese owerheid om klarigheid te kry.

Mnr. Chris Maroleng, Zimbabwiese kenner by die Instituut vir Sekerheidstudies, het gesê die voorval is duidelik deel van die Zimbabwiese regering se planne om die opposisie aan bande te lê.

“Dit dui aan tot watter uiterstes die regering sal gaan om politieke mededinging te onderdruk.”

Mnr. Wayne Bvudjizena, polisiewoordvoerder, wou teen druktyd niks oor die voorval sê nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |