Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SA vlieënier van bedrog aangekla
Die Suid-Afrikaanse vlieënier wat eergister in Zimbabwe gearresteer is, word van bedrog aangekla nadat hy glo onder iemand anders se naam in ’n hotel ingeboek was. Mnr. Brenton Smyth (31), ’n vlieënier van ATS Helicopters by Grand Central-lughawe in Midrand, was veronderstel om mnr. Morgan Tsvangirai, presi?dents?kandidaat van die MDC, rond te vlieg in die aanloop tot die naweek se verkiesing, toe hy gearresteer is. Mnr. Roy Bennett, die MDC se tesourier, het gister gesê Smyth gaan nou vervolg word nadat ’n MDC-amptenaar hom solank in die hotel ingeboek het terwyl hy nog op pad was van Bulawayo na Harare. Die klagte gaan glo daaroor dat die MDC-amptenaar ’n Zimbabwiër is en Smyth ’n buitelander, wat só by die hotel aangedui moes word. Smyth is Dinsdagoggend by sy helikopter by die Charles Prince-lughawe buite Harare saam met mnr. Jameson Timba, ’n MDC-amptenaar, nog ’n vlieënier wat hom help brandstof ingooi het, en ’n lughawe-amptenaar gearresteer. Laasgenoemde drie is later die dag vrygelaat terwyl Smyth aangehou is. Afgesien van die bedrogklag kan die Zimbabwiese owerheid dit ook teen Smyth hou dat sy internasionale vliegklaring om in Zimbabwe te mag vlieg, eergister om middernag verval het. Smyth, wat reeds dae lank gesukkel het om sy papierwerk en magtigings uit te klaar, was in die proses om die internasionale klaring te verleng toe hy gearresteer is. Volgens Bennett was dit onmoontlik om dit te doen terwyl hy in aanhouding was en sal ’n klag daaroor nie maklik steek hou nie. “Sy prokureur meen geen van die klagtes teen hom sal in ’n hof staande bly nie. Brenton sou vandag (gister) klaargemaak het met sy vliegprogram. Ek glo hy sal môre gedeporteer word, veral noudat die Suid-Afrikaanse regering betrokke is.” Me. Drieksie Janse van Rensburg, Smyth se verloofde, sê hy het haar gisteroggend per SMS laat weet hy word vermoedelik na die hof geneem. ATS wou gister nie verder kommentaar lewer nie uit vrees dat dit Smyth se saak kan benadeel. Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van buitelandse sake, sê amptenare van die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Harare het reeds konsulêre toegang gekry, maar dis nog onseker wanneer sy kollegas Smyth sal kan sien.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|