Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nuwe aanklagte teen SA vlieënier
Die Suid-Afrikaanse vlieënier wat vandeesweek in Zimbabwe gearresteer is, is gister ingevolge ’n oortreding van dié land se immigrasiewetgewing aangekla. Dit beteken dat hy vir 14 dae sonder ’n verdere hofverskyning aangehou mag word, het mnr. Roy Bennett, tesourier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), gister gesê. Mnr. Brenton Smyth (31), ’n vlieënier van ATS Helicopters by die Grand Central-lughawe in Midrand, noord van Johannesburg, was veronderstel om mnr. Morgan Tsvangirai, presi?dents?kandidaat van die MDC, rond te vlieg in die aanloop tot die naweek se verkiesing, toe hy by die Charles Prince-lughawe buite Harare gearresteer is. Volgens Bennett was die vroeëre aanduiding dat Smyth van bedrog aangekla gaan word omdat hy onder ’n MDC-amptenaar se naam in ’n hotel in Harare ingeboek was. “Nadat die Zimbabwiese owerheid besef het dat dié klag geen steek hou nie en dat hy ingevolge die wet binne 48 uur aangekla of vrygelaat moes word, is die nuwe ‘klag’ teen hom gebring.” Volgens Bennett is die aanklag “belaglik” aangesien die wet en orde-afdeling van die polisie Smyth op die lughawe in hegtenis geneem het en nie die doe-anepolisie nie. “Al sy dokumentasie en internasionale klaring om in Zimbabwe te mag vlieg, was in orde. Hulle kon geen fout met die helikopter vind nie. “Sy klaring het verval terwyl hy in aanhouding was en hy nie in ’n posisie was om dit te hernieu nie. “Ons prokureur is nou op pad om die nodige handtekeninge te kry sodat ons ’n dringende hooggeregshof-aansoek kan bring om Brenton vrygelaat te kry.” Volgens Bennett is Smyth tot gister in ’n kantoor by die Harare- sentrale polisiekantoor aangehou. Hy is gister oorgeplaas na die Rhodesville-polisiekantoor buite Harare waar hy nou in die selle aangehou word. “Die Zimbabwiese owerheid is besig om hom te straf vir die feit dat hy die opposisieleier sou rondvlieg – daar word ’n voorbeeld van hom gemaak van hoe die regering teen hul teenstanders sal optree. Dít is hoe die wet in Zimbabwe toegepas word,” het Bennett gesê. Volgens hom het Smyth se arrestasie veroorsaak dat Tsvangirai verskeie van sy verkiesingsvergaderings moes kanselleer, veral dié op afgeleë gebiede.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|