Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


De Klerk sê hy sal strate toe
Mar 28 2008 08:44:56:023PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pieter Malan


Londen. – Oudpres. F.W. de Klerk sê hy is bereid om persoonlik soos die anti-apartheidstryders van ouds deur die strate te marsjeer as die onafhanklikheid van die regbank verder aangetas word.

In sy mees kritiese toespraak nog oor die rigting wat die ANC-regering inslaan, het De Klerk in Londen gesê daar is beslis “ruimte en spasie” vir meer sigbare vorme van protes in Suid-Afrika.

De Klerk het gepraat in SA Huis by die bekendstelling van die jaarlikse Suid-Afrikaanse gholfdag in Engeland, ’n toernooi wat geld vir Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasies insamel en waaraan hy elke jaar deelneem.

Hy het die klein gehoor van sowat 120 gaste – meestal Suid-Afrikaanse sakelui wat in Londen woonagtig is – verras met een van sy mees kritiese ontledings van Suid-Afrika onder die ANC-regering tot dusver.

Tydens De Klerk se toespraak van 35 min. het hy telkemale van sy voorbereide teks afgewyk met sterk kritiek teen die ANC se houding van “uitsluiting en vyandigheid” teenoor almal wat nie die party se ideologie deel nie.

Hy het gesê die tyd het gekom om terug te keer na die beleid van versoening en respek vir mekaar van sy mede-Nobelprys?wenner, oudpres. Nelson Mandela.

Nadat hy aanvanklik die vreedsame oorgang van apartheid na demokrasie en die land se ekonomiese vooruitgang besing het, het De Klerk skielik van toon verander en gesê dat niemand sy oë behoort te sluit vir die “veelvuldige en werklike probleme” in die land nie.

Volgens hom het gebeure by die ANC se konferensie in Polokwane ’n “siddering” deur die internasionale beleggingsgemeenskap gestuur.

Baie van die resolusies wat die party daar aangeneem het, is “erg onrusbarend” – veral dié wat ’n impak het op die onafhanklikheid van die regbank, die voorstelle vir grondonteiening en die ontbinding van die “een suksesvolle” organisasie wat misdaad beveg, die Skerpioene.

“Hierdie is almal ernstige ontwikkelinge en slegs ’n dwaas sal hulle ignoreer.” De Klerk sê hy kry gereeld briewe en e-posse van mense wat hom blameer vir die land se probleme. Vir sy korrespondente raai hy aan om meer aktief by die politieke proses betrokke te raak.

“Dit is nie gesond as een party 70% van die stemme trek en die ander partye vir die (orige) 30% baklei nie.”

“Suid-Afrikaners . . . moet hul spraakvryheid gebruik om hul mening in die media uit te spreek – en as dit nodig is in die strate. Hulle moet opstaan vir dit waarin hulle glo . . . soos die anti-apartheidsmense opgestaan het vir dit waarin hulle glo.”

Toe hy tydens vraetyd gevra is of hy self in die strate sal mars?jeer vir dit waarin hy glo, het hy geantwoord: “As dinge werklik verkeerd loop, as die onafhanklikheid van die howe, die hoeksteen van ’n stabiele Suid-Afrika in gedrang kom, is daar ruimte en spasie vir so ’n protes. En ja, ek sal (saam) marsjeer.”

De Klerk het bygevoeg dat hy dialoog bo gewelddadige protes verkies.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |