Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SA man wat in Irak sterf, het al 10 jaar daar gewerk
Hy was ’n rots van ’n man en sy dood laat ’n leemte wat veel verder as net Irak strek. Dít is hoe familie en oudkollegas van mnr. Johan (Skip) Scheepers (37) van Krugersdorp, wat vandeesweek die jongste Suid-Afrikaanse sterfgeval in Irak geword het, hom beskryf het. Hoewel Scheepers se familie nog vir die finale doodsverslag wag wat onomwonde sal bevestig dat dit wel sy lyk is, het die departement van buitelandse sake sy dood bevestig. Scheepers was waarskynlik die Suid-Afrikaner wat die langste in Irak gewerk het. Hy het tien jaar gelede – lank voordat die huidige oorlog begin het – reeds met sy eerste kontrak in humanitêre hulpverlening daar begin. Sy broer, Len, het gister gesê sy broer het sy vaardigheid en kundigheid met die hantering van plofstof en landmyne as ’n gawe beskou wat hy kon aanwend om van die wêreld ’n beter plek te maak. Ironies genoeg was dit ’n ploftoestel wat sy lewe geëis het. Scheepers, wat vir die Britse maatskappy Olive gewerk het, was saam met ’n Goerkha-kollega uit Nepal in ’n voertuigkonvooi toe hul voertuig die toestel afgetrap het. Soos die gebruik is, was daar ’n operasionele mediese span in die voertuig direk agter Scheepers-hulle s’n. Hy en sy kollega was egter reeds dood toe die span by hulle gekom het. Die voorval het naby Az Soebair, ’n klein dorpie suidwes van Basra, sowat 18 km vanaf sentraal-Basra en omtrent 30 km van die Irak-Koeweit-grens in die suide, gebeur. Hernieude gevegte tussen die Irakse veiligheidsmagte en Sjiïtiese milisies die afgelope dae het Dinsdag alleen die lewens van altesame 44 milisies en enkele Irakse polisiemanne geëis. Volgens mnr. Len Scheepers is sy broer se liggaam na die militêre hospitaal in Basra geneem, waar ’n volledige doodsondersoek gedoen sal word. Scheepers was ’n oud-geniesoldaat in die weermag, wat in 1998 bedank het om Irak te gaan werk. Hy was as gekwalifiseerde veldingenieur en instrukteur eers in Bethlehem gestasioneer voordat hy by die Genieformasie se opleidingskool in Pretoria gewerk het. Kort voor sy bedanking het hy in Kroonstad gewerk. Hy was ongetroud en sy werk was sy passie, het sy broer gesê. Nadat hy aanvanklik ontmyning in Irak gedoen het, het hy ook in Libanon en Angola gewerk. Terug in Irak was hy later in ’n senior kapasiteit by ’n wyer spektrum van aksies rondom die beveiliging van oliepypleidings betrokke. Volgens sy broer was Scheepers soms vir maande lank in Irak sonder om huis toe te kom. “Hy het gewerk solank hy gevoel het daar is ’n behoefte aan sy vaardighede. Sy werk was vir hom ’n roeping.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|