Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Vlieënier van SA dalk oormôre vrygelaat
Mar 28 2008 09:43:12:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Nuwe aanklagte teen SA vlieënier
  • SA vlieënier van bedrog aangekla
  • SA loods se SMS: 'Help asseblief!'
  • Harare. – Die Suid-Afrikaanse vlieënier wat vroeër vandeesweek hier aangekeer is, sal waarskynlik oormôre vrygelaat word.

    Mnr. Brenton Smyth is Dinsdag by Prince Charles-lughawe, wes van Harare, aangekeer toe hy reggemaak het om mnr. Morgan Tsvangirai, leier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), die opposisieparty, na verkiesingsbyeenkomste te vlieg.

    Mnr. Innocent Chagonda, sy regsverteenwoordiger, het gister ’n dringende aansoek voor die hoë hof gebring vir Smyth se vrylating. Hy is aangekla omdat hy glo Zimbawe se immigrasiewette verbreek het.

    ’n Vroeëre bedrogklag is teruggetrek. Volgens Chagonda het die hoë hof gisteroggend beveel dat die polisie Smyth teen 16:00 gistermiddag voor die landdroshof bring. Dit het egter nie gebeur nie.

    Chagonda het Smyth uiteindelik in die Rhodesville-polisiestasie in Harare opgespoor. Volgens hom beteken die polisie se versuim om Smyth voor die landdroshof te bring, dat hy nie meer aangehou mag word nie.

    “Immigrasie-owerhede hier hou hom nou aan en ons voorsien dat hy oormôre vrygelaat gaan word.” – Media24-Afrika-kantoor


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |