Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    ‘Waar was Ma?’ sê Maddie nadat McCanns kuier
    Apr 16 2008 05:01:01:290PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Anesca Smith

    Londen. – Die ouers van Madeleine McCann, die Britse kleuter wat ’n jaar gelede in Portugal vermis geraak het, is woedend nadat afskrifte van hul polisieverklarings aan die media uitgelek is.

    Daaruit het onder meer aan die lig gekom dat die driejarige Madeleine en haar broer, Sean, die nag voordat sy verdwyn het, wakker geskrik en begin huil het. Hul ouers was in ’n restaurant daar naby. Die volgende dag het Madeleine haar ma, Kate, aan die ontbyttafel gevra: “Mammie, hoekom het jy nie gekom toe ons gisteraand gehuil het nie?”

    Nou is die McCanns in ’n woordestryd met die Portugese polisie betrokke.

    Hulle eis ’n ondersoek na hoe die inligting aan die Spaanse televisiejoernalis Nacho Abad uitgelek het.

    Mnr. Clarence Mitchell, die egpaar se woordvoerder, het dit ’n smeerveldtog genoem.

    Die Portugese polisie het volgens die Britse koerant The Sun teruggekap en gesê die beskuldigings is ongegrond.

    Van die polisielede was verlede week in Londen om te luister na onderhoude met die sewe vriende van die McCanns wat saam met hulle gekuier het toe Madeleine verdwyn het.

    Die Britse publiek was vandeesweek verdeeld oor die jongste onthullings.

    In sommige kringe word Madeleine se ma veroordeel dat sy haar kinders alleen gelos het, terwyl ander sê haar smart is erg genoeg sonder die bykomende beskuldigings.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |