Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Zim sóék sy wapens
Apr 20 2008 10:00:21:753PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • '10 dood en 3 000 dakloos'
  • Zimbabwe -skip vlug
  • Aikôna, sê hof vir Zim se skip
  • Chinese wapens glo te gevaarlik vir pad
  • SA kry spesiale dank van Mugabe
  • Erika Gibson

    Generaals in die Zimbabwiese weermag sou gistermiddag 'n noodvergadering hou om alternatiewe te oorweeg om sy besending Chinese wapens so gou moontlik die land in te bring.

    Beeld het betroubaar verneem die vergadering is belê nadat die regerings van Mosambiek en Tanzanië geweier het dat die Chinese skip, die An Yue Jiang, die vrag in een van hul hawens aflaai.

    Intussen het mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, op 'n nuuskonferensie in Berlyn, Duitsland, weer gesê Zimbabwe is in 'n krisis.

    Hy het gesê dis "ongehoord" dat die uitslae van die presidentsverkiesing nie bekend is nie, berig Leopold Scholtz.

    Zuma is saam met 'n aantal hooggeplaaste ANC-leiers, onder wie die sekretaris-generaal, mnr. Kgalema Motlanthe, in Europa om die betrekkinge met sekere politieke partye te verstewig.

    Die Zimbabwiese Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het gister gesê tot tien mense is reeds dood in geweld wat gevolg het op die verkiesings op 29 Maart.

    Volgens die MDC is tot 3 000 gesinne dakloos gelaat en tot 400 MDC-aktiviste al in hegtenis geneem, berig Alicestine October.

    Die wapenskip het Vrydagaand van die Durbanse hawe gevlug kort nadat die Durbanse hooggeregshof 'n bevel toegestaan het om te verhoed dat die 70 ton wapens oor Suid-Afrikaanse grondgebied vervoer word.

    Die presiese posisie van die skip is onbekend en die Suid-Afrikaanse owerhede wou die naweek geen kommentaar lewer nie. Die skip was, nadat dit deur Mosambiek geweier is, vermoedelik op pad na Angola, omdat Luanda sy volgende beplande aandoenpunt was.

    Volgens Beeld se bron meen Zimbabwe se generaals dat dié opsie gaan veroorsaak dat dit te lank duur voordat hulle hul hande op die wapens kan lê.

    Die vrag bevat onder meer 3 miljoen patrone, 1 500 vuurpyle en 3 500 mortierbomme en -buise.

    Internasionale politieke druk gaan egter ook die Angolese regering in die kollig plaas.

    Me. Nicole Fritz van die South?ern Africa Litigation Centre, wat Vrydag betrokke was by die verkryging van die tussentydse hooggeregshofbevel in Durban, het gister gesê daar word reeds met die Open Society Initiative, 'n menseregte-organisasie, se kantoor in Angola onderhandel om verdere regstappe te oorweeg as die skip dáár aandoen.

    Die skeepskaptein het Vrydagaand kort nadat die hofbevel toegestaan is, die skip se anker gelig en na internasionale gebiedswaters gevlug.

    Intussen meen ingeligtes dat die skip weens die omstredenheid van die vrag en weens 'n brandstoftekort genoop gaan wees om eerder een van Angola se hawens suid van Luanda aan te doen.

    Vlootbronne het gister gesê die skip se roete word dopgehou, maar dat dit waarskynlik nie uit internasionale waters sal wyk nie uit vrees dat dit deur Suid-Afrika onderskep kan word.

    "Dit is nie bekend hoeveel brandstof die skip aan boord het nie, maar sonder herbunkering in Durban sal die skip waarskynlik baie ekonomies moet vaar," is aan Beeld gesê.

    Die vloot, die polisie, Interpol en internasionale intelligensie-organisasies hou die skip glo per satelliet dop.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |