Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Clinton sê Iran sal 'uitgewis' word as hy Israel aanval
Apr 22 2008 11:16:50:520AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Hillary Rodham Clinton, Demokratiese Party-presidentskandidaat, sê die VSA sal Iran "uitwis" indien dié land 'n kernaanval op Israel uitvoer.

Me. Clinton het in 'n TV-onderhoud wat Dinsdag uitgesaai is in antwoord op 'n vraag in dié verband gesê: "Ek wil hê die Iraniërs moet weet dat as ek president is, sal ons Iran aanval...indien hulle in die volgende tien jaar dwaas genoeg is om Israel aan te val, sal ons in staat wees om hulle heeltemal uit te wis."

Dié onderhoud is uitgesaai op dieselfde dag waarop die voorvekiesing in die staat Pennsilvanië plaasvind.

Clinton is in 'n hewige stryd met. sen. Barack Obama gewikkel om as die Demokratiese Party se presidentskandidaat vir die verkiesing later vanjaar aangewys te word.

Obama het vroeër tydens 'n debat hom op sy beurt só uitgelaat oor die Iran/Israel-scenario: " 'n Aanval (deur Iran) op Israel, is 'n aanval op ons sterkste bondgenoot in daardie streek en wie se sekuriteit vir ons van die grootste belang is.

"Dit sal 'n onaanvaarbare daad van aggressie wees en die VSA sal gepaste stappe doen," het Obama gesê. - Sapa-AFP

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |