Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Ons betreur Mbeki se rol, is bekommerd oor gedrag,' sê Tsvangirai
Apr 22 2008 08:34:15:210PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tangai Chipangura


Harare. – Pres. Thabo Mbeki het wéér onder mnr. Morgan Tsvangirai, leier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), se tong deurgeloop.

Tsvangirai het ná afloop van sy besoek aan Ghana gister aan staatshoofde wat ’n beraad oor handel en ontwikkeling bygewoon het, gesê Mbeki ondermyn Zimbabwiërs.

“Ons betreur die rol wat Mbeki speel om ons mense se oorwinning te ondermyn. Ons is bekommerd oor sy gedrag as bemiddelaar en veral oor sy uitlatings oor die krisis in ons land. Ons is ook bekommerd oor sy veldtog van vals inligting soos wat dit tydens die pas afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Mauritius en by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad-sitting in New York versprei is,” het Tsvangirai gesê.

Die SAOG het die afgelope naweek in Mauritius tydens ’n armoede-beraad hernieude vertroue in Mbeki as bemiddelaar uitgespreek.

Tsvangirai het gister gesê Mbeki moet hom by die mense van Zimbabwe skaar en nie ’n spesifieke politieke party nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |