Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Zuma sê ander leiers moet met krisis help
Apr 22 2008 08:34:13:147PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Reuters en Leopold Scholtz


Berlyn. – In die skerpste kritiek vanuit ANC-geledere nóg op pres. Thabo Mbeki se rol as bemiddelaar in Zimbabwe, het mnr. Jacob Zuma gevra dat ander Afrika-leiers ook gestuur word om die krisis in Zimbabwe te probeer oplos.

Dit kom dae nadat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) Mbeki se mandaat, ondanks die teenkanting van die Zimbabwiese opposisie, hernieu het.

Gister het Zuma gesê hy is “ten volle bewus dat Mbeki die bemiddelaar is”.

“Maar . . . wat ek sê is dat gegee die erns van die situasie, dink ek ons moet ander leiers bykry om te help met wat Mbeki in Zimbabwe doen. Afrika-leiers moet inbeweeg om die huidige knelpunt op te los.”

In die ANC se skerpste kritiek nog op die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZEC) se weerhouding van die verkiesingsuitslae het Zuma aan Beeld gesê dat dit “totaal onaanvaarbaar” is.

Die ANC het reeds sy kommer hieroor aan Zanu-PF oorgedra, maar ’n datum is nog nie bepaal vir bilaterale gesprekke tussen die ANC en Zanu-PF nie, het dr. Mathews Phosa, senior ANC-lid gesê. Dié beplande diplomatieke ingryping sal losstaan van Mbeki se rol.

Zuma het op sy besoek aan Berlyn self ook nie kritiek vrygespring nie. In ’n openbare debat is hy deur ’n Zimbabwiese vakbondlid uit die gehoor gekapittel, wat gesê het dit lyk of Afrika se leiers saamsweer om hul mag te behou, en dat hulle daarom dit nie durf waag om iets te doen waardeur Mugabe se regime beëindig kan word nie.

“Die Zimbabwiese mense ly. Wat doen u om iets daaraan te verander?”

Zuma het gesê ook binne die SAOG was daar aansienlike debat oor die kwessie.

“Ons het aan Zanu-PF ons kommer oor die situasie meegedeel.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die verkiesingsuitslag steeds nie bekend is nie.”

Terselfdertyd het Zuma gesê die ANC probeer met albei partye praat.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |