Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Troebel water vir wapenskip
Apr 22 2008 09:30:47:950PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Ons betreur Mbeki se rol - Tsvangirai
  • Zuma sê ander leiers moet met krisis help
  • 'Album van terreur' lê geweldveldtog bloot
  • Erika Gibson


    Die omstrede Chinese skip vol wapens vir Zimbabwe gaan waarskynlik ná China teruggeroep word.

    Die Chinese departement van buitelandse sake het gister aan Sapa-AP gesê die skeepsmaatskappy wie se skip die vrag vervoer, oorweeg dié stap in die lig van die omstredenheid rondom die wapens. Verskeie lande in Suider-Afrika, waaronder Mosambiek en Tanzanië, het geweier om die vrag ammunisie, mortierbomme en vuurpyle toe te laat.

    Teen druktyd gisteraand het verwarring geheers oor presies waar die An Yue Jiang is.

    Lloyd’s in Londen se maritieme intelligensie-eenheid het gesê teen laatmiddag was die skip reg oorkant Kaappunt en het dit in ’n noordelike rigting langs die Weskus gevaar.

    Ander gerugte wou dit hê dat die skip gisteroggend reeds buite die Luanda-hawe in Angola aangekom het.

    Lloyd’s het gister berig die An Yue Jiang het nog nie die nodige toestemming gevra om Luanda se hawe binne te gaan nie en dat die skeepskaptein ook nog nie toestemming gevra het om sy vrag af te laai nie.

    Mnr. Filomeno Mendonca, direkteur van die Angolese hawe-instituut, sê hy het al die Angolese hawens in kennis gestel dat h?lle ook nie die skip mag toelaat nie en nié in dié land gehelp mag word nie.

    Volgens Beeld se inligting is die skip op pad Luanda toe juis omdat die Angolese regering verskeie militêre samewerkingsooreenkomste met Zimbabwe het en dus as ’n “vriendelike” land beskou word.

    China is glo bekommerd dat die bohaai oor die wapens sy beeld in Afrika kan skaad. Die Chinese verdedig die bestelling as ’n normale wapentransaksie, wat verlede jaar al gesluit is en glo niks met die situasie tans in Zimbabwe te doen het nie.

    Intussen het die Amerikaanse regering ook tot die protesveldtog toegetree deur die besending wapens te kritiseer. Me. Jendayi Frazer, die Amerikaanse regering se Afrika-spesialis en voormalige ambassadeur in Suid-Afrika, besoek Suider-Afrika eersdaags en sal druk op regeringshoofde toepas om standpunt in te neem oor wapenverskaffing aan Zimbabwe, sowel as om verkiesingsuitslae te laat bekend maak.

    Amerikaanse diplomate in Suid-Afrika, Mosambiek, Namibië en Angola is na berig word reeds deur hul regering aangesê om deur diplomatieke kanale die noodsaaklikheid te beklemtoon om wapens van Zimbabwe te weerhou. Volgens mnr. Kurtis Cooper, woordvoerder vir die Amerikaanse departement van buitelandse sake, is daar ernstige kommer dat die Zimbabwiese regering die wapens kan gebruik teen inwoners wat bloot hul vrye politieke wil uitleef.

    Volgens maritieme bronne kan die Angolese hawe-owerheid regtens nie weier dat die skip brandstof inneem nie. Die skip dra glo ook niemilitêre vrag vir Zimbabwe wat veronderstel is om in Luanda afgelewer te word.

  • Intussen berig Sapa-AP ’n Duitse bank het reeds verlede week ’n hofbevel verkry om op die Chinese skip se vrag beslag te lê, onwetend dat dit wapens bevat. IPEX-Bank het die bevel gekry omdat dit as Zimbabwiese eiendom gereken is. Die Zimbabwiese Iron & Steel Company skuld dié bank $63 miljoen vir ’n lening wat in 1998 aangegaan is en nooit terugbetaal is nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |