Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Bob wen 1ste 'oortel'-setel; 'eenheidsregering' bepleit
    Apr 23 2008 10:34:16:967AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Troebel water vir wapenskip
  • 'Ons betreur Mbeki se rol'
  • Zuma sê ander leiers moet met krisis help
  • 'Album van terreur' lê geweldveldtog bloot
  • Zim sóék sy wapens
  • Harare. - 'n Eenheidsregering onder pres. Robert Mugabe kan die beste oplossing wees vir die "dooiepunt" wat ná die onlangse verkiesing in Zimbabwe ontstaan het.

    So lui 'n rubriek in Woensdag se uitgawe van die staatsbeheerde Herald-koerant.

    "Die Zimbabwiese regering en onafhanklike internasionale waarnemers is dit eens dat die verkiesings nie 'n regstreekse wenner in die presidents-wedloop opgelewer het nie.

    "Dit is onwaarskynlik dat die oortel van stemme dié toedrag van sake noemenswaardig sal verander.

    "Uiteraard behoort die huidige president aan die hoof te staan van die oorgangsregering van nasionale eenheid," sê die rubriekskrywer.

    Intussen het pres. Mugabe se Zanu-PF-party die eerste van 23 kiesafdelings gewen waarin stemme oorgetel word.

    Sapa-AFP haal die Herald aan wat berig dat Zanu-PF as wenner bevestig is in sowel die parelemtêre as senaatsverkiesing in die kiesafdeling Goromonzi-Wes.

    Dié setel is een van twee wat aanvanklik ook deur Zanu-PF gewen is, maar waarin stemme oorgetel word.

    Die beweging vir demokratiese verandering (MDC) is aanvanklik as wenner in 109 kiesafdelings en Zanu-PF in 97 kiesafdelings in die 210-setel parlement aangewys.

    Mugabe se party sal die parlementêre meerderheid herwin indien uitslae in ten minste sewe kiesafdelings wat aanvanklik aan die MDC toegeken is as gevolg van die oortellery "omgekeer" word.

    Die oortel van stemme geld ook vir die presidentsverkiesing, waarvan geen amptelike uitslag tot dusver bekend gemaak is nie. - Sapa-AFP

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |