Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Pa hou dogter, kinders 24 jaar in kelder aan
Apr 28 2008 10:48:58:703PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die House of Horrors. Agter dié hoë grys huismure,130 km wes van die Oostenrykse hoofstad, Wene, is 'n vrou 24 jaar lank in 'n geheime kelder toegesluit. Foto: AP

Wene. – Oostenryk is in skok oor die tragedie wat ontvou nadat ’n bejaarde pa erken het hy het sewe kinders by sy dogter gehad, terwyl hy haar 24 jaar in ’n geheime kelder by sy huis aangehou het.

Dis die derde opspraakwekkende aanhouding wat dié klein Europese land die laaste paar jaar ruk.

Die polisie het mnr. Josef Fritzl (73) eergister in die dorp Amstetten, sowat 130 km wes van hier, aangekeer. Hy het eers verseg om te praat, maar gister gebieg dat hy sy dogter, Elisabeth (nou 42), sedert 1984 in ’n ondergrondse kelder toegesluit het én pa is van haar sewe kinders van wie hy een – deel van ’n tweeling – wat kort ná geboorte dood is, verbrand het.

Dié mensetragedie het aan die lig gekom toe die oudste van die ses oorlewende kinders – drie dogters en drie seuns – vandeesmaand ernstig siek in die hospitaal opgeneem is. Toe dokters na haar ma begin soek het, het Fritzl se donker geheim op die lappe gekom.

Die afgetrede elektriese tegnikus erken nou hy het Elisabeth in die vensterlose kelder aangehou en herhaaldelik verkrag, het die polisie gister by ’n mediakonferensie gesê.

Volgens Elisabeth het hy haar van jongs af seksueel gemolesteer en op 28 Augustus 1984 na die kelder gelok, bedwelm, geboei en toegesluit. Nadat hy haar as vermis aangemeld het, het selfs Interpol na haar gesoek.

Kol. Franz Polzer, provinsiale misdaadhoof, sê die dade is die ergste denkbaar. Fritzl, die mees gehate man in Oostenryk wat deur die polisie as “dinamies, bossy en outoritêr” beskryf is, toon ook bykans geen berou nie.

Elisabeth het die sewe kinders gebaar waarvan drie – Kerstin (19), Stefan (18) en Felix (5) – sedert hul geboorte saam met haar in die klein kelder toegesluit is. Die dik versterkte staaldeur daarna, versteek agter rakke, is elektronies beheer en net Fritzl het die kode gehad.

Die ander drie kinders is deur Fritzl en sy vrou, Rosemarie (69), wat saam sewe kinders het, aangeneem. Hulle het in die huis gebly en plaaslike skole bygewoon. Fritzl het beweer Elisabeth het hulle onderskeidelik in 1993, 1994 en 1997 op sy deurstoep neergesit met notas dat sy hulle nie kan versorg nie. Hy het haar egter gedwing om dit te skryf, het hy gebieg.

Die drie kinders was salig onbewus van hul sussie en boeties in die kelder en bure het hulle dikwels in die swembad hoor lag en speel.

Die polisie meen Fritzl het die volmaakte dubbele lewe gelei en almal om die bos gelei: nie sy vrou of ander familielede het glo enigiets vermoed nie.

Die horror-kaartehuis het egter inmekaar begin tuimel toe Elisabeth Fritzl op 19 April oorreed het om haar oudste kind, Kerstin, na die plaaslike hospitaal te neem nadat sy haar bewussyn verloor het weens ’n suurstoftekort. Sy en haar kinders het toe “te voorskyn” gekom en Fritzl het aan sy vrou vertel hul lank vermiste dogter het eindelik teruggekeer nadat sy glo lank met ’n sekte deurmekaar was.

Elisabeth het hom toe Sondag oortuig om haar na die hospitaal te vergesel waar Kerstin vir ’n skaars siekte behandel word. Haar toestand is steeds ernstig, maar stabiel, sê dokters.

“Hy het dus ’n bietjie menslikheid oorgehad,” voeg Polzer by.

Die polisie het op ’n wenk gereageer en Fritzl en Elisabeth naby die hospitaal ingewag.

Hoewel gewag word op DNS-uitslae om die bloedskande te staaf, is dit net ’n formaliteit ná Fritzl se bekentenis, sê die polisie. “Hy erken hy is die kinders se pa en ook dat niemand anders toegang tot die kelder gehad het nie.”

Die oorblywende vyf kinders is tans saam met Elisabeth onder mediese toesig en word deur terapeute bygestaan.

Dit gaan glo oorhoofs goed met hulle, maar die familie is egter bekommerd oor die uitwerking van die intense internasionale mediabelangstelling.

  • Intussen het Natascha Kampusch, nog ’n Oostenrykse ontvoeringslagoffer, uitgereik na Elisabeth en haar kinders. Kampusch wil met Elisabeth gesels en haar geldelik help. Kampusch (20) is ook – agt jaar lank – in ’n kelder aangehou nadat sy ontvoer is. Sy het in Augustus 2006 ontsnap waarna haar ontvoerder selfmoord gepleeg het.

    In nog ’n vroeëre saak het ’n versteurde Oostenrykse ma van Linz haar drie dogters sewe jaar lank toegesluit. – Reuters, Sapa-AFP en DPA

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |