Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Die monster’ verskyn in hof oor dade met dogter
Wene. – ’n Oostenrykse pa wat erken hy het sy dogter en drie van hul sewe kinders dekades lank in ’n kelder in sy huis toegesluit, het gister in die hof verskyn. DNS-toetse het bevestig mnr. Josef Fritzl (73) is die pa van die ses oorlewende kinders van sy dogter, Elisabeth (nou 42), wat hy 24 jaar gevange gehou het. Hy het ’n sewende kind, een van ’n tweeling, verbrand nadat die baba kort ná geboorte gesterf het. Fritzl of die “monster” soos die Oostenrykse media hom gedoop het, bly in aanhouding en kan lewenslange tronkstraf kry weens moord, verkragting en ontvoering. Hy is van Amstetten, wes van Wene, na St. Pölten verskuif vir sy hofverskyning. Die oudste kind, Kerstin (19) wie se hospitalisasie die geheim op die lappe laat kom het, se toestand het intussen versleg en sy is in ’n kunsmatige koma geplaas. Kerstin en twee van haar broers was onbewus van hul sussies en broer omdat hulle sedert geboorte saam met Elisabeth in die kelder gevange gehou is. Fritzl en sy vrou, Rosemarie (69), wat ook saam sewe kinders het, het die ander drie aangeneem en grootgemaak. Intussen probeer die polisie talle vrae beantwoord, soos hoe Elisabeth ses keer in 24 jaar gekraam het in die 60 m2-kelder se nou kamers. Elisabeth en haar kinders word uit die openbare oog gehou terwyl dokters en sielkundiges met hulle werk. Hulle wil glo die kinders nuwe name gee.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|