Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Lesbiërs hof toe oor 'misbruik van naam'
    Apr 30 2008 08:13:58:677PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Leopold Scholtz

    Brussel. – Drie inwoners van die Griekse eiland Lesbos het met ’n regsaak in die Atheense hooggeregshof begin om mense wêreldwyd te verhinder om die begrip lesbies vir homoseksuele vroue te gebruik.

    Lesbos is ’n eiland aan die Turkse kus wat egter aan Griekeland behoort.

    Dit was in die antieke tyd ook die tuiste van die vroulike digter Sappho, wie se geskrifte duidelike homoseksuele elemente bevat.

    Dit is die rede waarom die woord “lesbies” wêreldwyd vir homoseksuele vroue gebruik word.

    En dus wil die drie Lesbos-inwoners, oftewel Lesbiërs, van wie een man en twee vroue (almal heteroseksueel) is, hê dat die begrip slegs gebruik mag word om inwoners van hul eiland aan te dui.

    In die tydskrif O Davlos skryf hulle onder meer: “Ons is teen die willekeurige gebruik van die naam van ons tuiste vir mense wat eienaardig is. Hulle eien hulle die benaming ‘lesbies’ toe, en dit kan ons nie toelaat nie,” luidens ’n berig in die Vlaamse dagblad De Morgen.

    Die saak kom op 10 Junie in die hooggeregshof in Athene voor.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |