Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Glo hele aande in kelder deurgebring
May 01 2008 07:42:04:530PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Pa hou dogter glo 24 jaar in kelder aan
  • Amstetten (Oostenryk.) – Die man wat sy dogter en drie van haar sewe kinders van wie hy die pa is, 24 jaar lank in ’n kelder in sy huis toegesluit het, het in 1994 in ’n telefoonoproep na sy vrou voorgegee hy is sy dogter, het die polisie gister gesê.

    Mnr. Josef Fritzl (73) het sy vrou, Rosemarie, gebel en sy dogter se stem nageboots. Hy het haar gevra om na hul dogter, Elisabeth (nou 42), se baba om te sien wat op hul voorstoep gelos is.

    Elisabeth Fritzl was ten tyde van dié oproep al tien jaar lank sonder haar ma se medewete in haar ouerhuis se kelder toegesluit.

    “Mev. Fritzl het die oproep in 1994 by die Amstetten-polisiekantoor aange-meld. Ons weet nou dit was (mnr.) Fritzl,” het ’n beampte van die polisie se streekdepartement gesê.

    Hy het ook bevestig die owerhede het ’n brief van Elisabeth waarin sy vra dat haar ouers na haar baba omsien en om nie na haar te soek nie. Mnr. Fritzl het haar glo gedwing om dié brief te skryf.

    Drie van die kinders was hul hele lewe lank saam met Elisabeth in die vensterlose kelder toegesluit, terwyl drie ander deur die Fritzl-egpaar grootgemaak is. Een is kort ná geboorte dood.

    Mnr. Fritzl het glo gedreig dat Elisabeth en die kinders in die kelder vergas sou word indien iets met hom sou gebeur. Die polisie ondersoek tans dié bewerings, het ’n polisiewoordvoerder gister gesê.

    Volgens mev. Fritzl se jonger suster, slegs bekend as Christine R. volgens die koerant Oesterreich, het mnr. Fritzl dikwels hele aande lank in die kelder deurgebring.

    “ ‘Rosi’ is nie eens toegelaat om koffie vir hom te neem nie.”

    Sy het ook gesê mnr. Fritzl het sy vrou “gedomineer en heeltyd in die openbaar verneder”.

    Elisabeth en die kinders is verlede naweek bevry toe die 19-jarige Kerstin in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem moes word.

    Intussen gaan dit goed met die ma en die kinders onder omstandighede, het dr. Berthold Kepplinger, direkteur van die psigiatriese kliniek in dié dorp, eergister gesê. Hulle is gelukkig om weer bymekaar te wees en help mekaar om van die traumatiese ondervinding te herstel.

    “Die kinders speel by die kliniek, kry oefening en beweeg vrylik rond. Hulle het hul eie speelgoed en ander besittings by hulle en ’n span versorgers sien na hulle om,” het Kepplinger gesê.

    “Ons het gister (Dinsdag) selfs ’n verjaardagpartytjie vir die 12-jarige gehou met ’n verjaardagkoek en almal het dit geniet.”

    Elisabeth en die twee ander kinders (5 en 18 jaar oud) wat in die kelder toegesluit was, is in ’n swakker toestand as die res van die gesin, het Kepplinger gesê. “Hulle moet nog gewoond raak aan daglig en probleme met ruimtelike oriëntasie oorkom.”

    Elisabeth kom ook redelik goed oor die weg met haar dogters, onderskeidelik 14 en 15, wat sy nie gesien het sedert haar pa hulle as babas geneem het nie.

    Die gesin het hul eie leefruimte by die kliniek, afgesonder van die ander pasiënte, en volgens sielkundiges sal dit jare duur voordat die gesin van die trauma herstel. Kepplinger het ook ’n beroep op die media gedoen om hul privaatheid te respekteer om hulle ’n kans te gee om “ ’n nuwe begin in die lewe te maak”. – Sapa-AFP

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |