Raad vir die vraat
Beheervraat? Lees die volgende definisies en besluit self.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Skielik is dié glimlag weer oral te sien
May 02 2008 12:13:49:690PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Drs. Gerry en Kate McCann, ouers van die vermiste Madeleine, tydens 'n onderhoud op 1 Mei 2008 in Londen. Foto: Steve Parsons, AP
Verwante Berigte
  • 'Waar was Ma?' sê Maddie
  • 'Kate en Gerry McCann: Jammer'
  • Nóg verydelde hoop
  • Ontvoerder lyk nou dalk só
  • Dalk fliek oor vermiste Maddy
  • Hul Kerswens: Om Maddie terug te kry
  • Nuwe leidrade ná uitsending
  • 'Ek sien hom wegstap met Maddie'
  • Maddie leef beslis nog - speuragentskap
  • Klere 'kan met Maddy verbind word'
  • Nuwe toetse wys sy ís in motor vervoer
  • Ouers gebruik skenkings vir huisverband
  • Polisie het nuwe vrae vir McCanns
  • Maddie: Boef sou patroon kon sien
  • Polisie vra gaste se DNA
  • Madeleine-speurder kry trekpas
  • Meisie 'is nie vermiste Madeleine'
  • Dit gis oor 'Madeleine'-foto
  • McCanns huur elite-groep om te soek
  • Maddie glo in Marokko gewaar
  • Glo bereid om verklikkertoets te doen
  • Maddie: polisie by krematorium
  • DNS in kar glo boetie, sussie s'n
  • Só het 'Dingo'-ma dit ook beleef
  • Maddie: Branson gee geld vir fonds
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • Sage en 'n wrang eietydse mite
  • Maddy: Dagboek van moeë ma
  • Vervolger soek ma se dagboek
  • Maddie se DNS 'wás in motor'
  • Maddie se pa: 'Dit was nie ons'
  • Sy sterf dalk in ouers se woonstel
  • 'Madeleine se ouers onder verdenking'
  • Ballonne vir vermiste meisie opgestuur
  • Madeleine se pa terug in Brittanje
  • SA mense steun ouers van vermiste
    • Klik op die verwante berigte regs onder die foto op dié blad. Hulle vertel die verhaal van Madeleine McCann se verdwyning, die daaropvolgende soektog na haar en die emosie wat die saak steeds by haar ouers en mense oraloor wek. Die jongste berigte is bo.

    Londen. - Sommige van die plakkate van die dogtertjie het mettertyd verdof, maar skielik - 'n jaar nadat sy uit 'n vakansiewoonstel in Portugal vermis geraak het - is haar glimlag weer oral te sien.

    Die verdwyning van Madeleine McCann (4), oudste dogter van die Britse dokterspaar Gerry en Kate McCann, in Praia da Luz in die Algarve op 3 Mei 2007 en die daaropvolgende gebeure het wêreldwyd feitlik ongekende belangstelling gewek.

    "Uit 'n openbare betrekkinge-oogpunt, wat bewusmaking betref, het so iets nog nooit gebeur nie," sê die Britse publisiteitsghoeroe Max Clifford.

    Die Daily Telegraph het daarna verwys as die vermiste persoon-saak waaroor die meeste berig is in "moderne geskiedenis".

    Madeleine word op 12 Mei vyf jaar oud - en haar ouers het opnuut 'n media-veldtog van stapel laat loop in 'n poging om inligting te bekom wat tot die opsporing van hul dogter kan lei.

    'n Inbellyn en nuwe plakkate vorm deel van dié veldtog.

    "Ons is nie sepie- of fiktiewe karakters nie. Dit gaan hier oor 'n regte kindjie en regte ouers wat deur die gebeure getraumatiseer is," het Gerry McCann aan die BBC gesê.

    Hulle sou 'n "ondiens" aan Madeleine bewys as hulle nou tou opgooi, het Kate in dieselfde onderhoud gesê en bygevoeg hulle glo hul dogter leef.

    Me. Kate Morris, 'n sielkundige, het so probeer verduidelik hoekom die media en die publiek deur die Madeleine-"sage" geboei word:

    "Die ouers is aantreklik, wel ter tale en Madeleine is 'n mooi kind."

    Missing People, 'n Britse liefdadigheidsorganisasie, het Gerry en Kate geloof vir hul pogings om die probleem van vermiste kinders in die algemeen onder die aandag van 'n groter gehoor te bring.

    Dié organisasie sê hy hoop die McCann-saak sal groter begrip kweek dat "vermis" 'n "sosiale kwessie is wat elkeen van ons kan raak".

    Sowat 210 000 mense is waarskynlik as vermis aangegee in die jaar sedert Madeleine se verdwyning - en dit geld slegs Brittanje, aldus Missing People.

    "Ons het die publiek se ondersteuning nodig ten opsigte van alle vermiste persone," het 'n woordvoerder van die organisasie gesê.

    Ingevolge die Portugese regstelsel is Madeleine se ouers steeds verdagtes in die saak wat volgens ondersoekers dalk binnekort gesluit kan word.

    Die ouerpaar het intussen mense wat deur die Portugese polisie oor Madeleine se verdwyning ondervra is, versoek om met hulle kontak te maak. - Sapa-dpa en Sky News

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |