Nuwe matriekfoto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Praat met ons joernaliste!
Marga Ley vra of dieremense onhigiënies is, Alet Rademeyer skryf oor dissipline in skole, Ferdi Greyling sê vir wie jy moet stem...en die rugbystryd woed voort.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Gruwelhuis’-inwoner was agterdogtig
May 02 2008 08:17:04:267PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Amstetten (Oostenryk). – ’n Voormalige loseerder by Oostenryk se “huis van gruwels” het vertel van ’n paar verdagte voorvalle wat tot die kelder waar ’n pa sy dogter 24 jaar lank as ’n seksslaaf aangehou het, kon lei.

Mnr. Sepp Leitner het in ’n onderhoud aan die koerant Die Presse gesê hy het sowat tien jaar gelede byna die vensterlose kelder ontdek.

Leitner het vier jaar lank in die 1990’s in ’n klein woonstel op die grondverdieping reg bo die kelder gewoon.

Hy kon nooit verstaan hoekom sy elektrisiteitsrekening so hoog was nie, want hy was dikwels nie tuis nie en het nie eens ’n wasmasjien gehad nie, het hy gesê.

Leitner het vandeesweek ná mnr. Josef Fritzl (73) se inheg- tenisneming eers agtergekom hy het die koste vir die ondergrondse tronk ook betaal, wat ’n uitgebreide veiligheidstelsel gehad het wat deur Fritzl, ’n afgetrede elektrisiën, geïnstalleer is.

“As ek ’n bietjie meer volhard het en dit nie laat gaan het nie totdat die geheim van die hoë elektrisiteitsverbruik opgelos was, sou ons dalk vroeër van die kelder uitgevind het,” het hy gesê.

Leitner het gesê sy hond, Sam, moes aangevoel het iets was verkeerd in die kelder omdat Sam altyd geblaf het wanneer hulle verby die deur gestap het.

“Ons het altyd gewonder hoekom hy presies daar geblaf het. Ons het gedink hy was net bly om te gaan stap.”

Hy het bygevoeg Sam kon Fritzl nie verdra nie.

“As ons hom (Fritzl) gesien het, het hy gegrom. Ons het nie geweet hoekom nie. Sam het nooit vir enigiemand gegrom nie.”

Volgens hom het Fritzl sleutels vir al die kamers in diehuis gehad.

Leitner en die ander loseer?ders het opgemerk dat kos uit hul kombuise ver?dwyn het.

Fritzl het loseerders ook verbied om die tuin te gebruik of om naby die kelder te kom omdat ’n mens by die kelder via die tuin kon uitkom.

Die koerant Oberoesterreichische Nachrichten het berig ?Fritzl is volgens staatsargiewe sowat 40 jaar gelede ook van poging tot verkragting, asook seksuele aanranding, aangekla.

Hy het volgens die koerant in September 1967 ’n 21-jarige vrou in ’n woud probeer verkrag en ’n maand later ’n 24-jarige vrou seksueel aange-rand.

Fritzl word tans in afsonde-ring aangehou omdat gevangenes wat van pedofilie aan-gekla word, veral dié wat besondere mediadekking ge?niet, dikwels teikens is vir aanvalle van ander gevangenes. – Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |