Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Drie babas in vrieskas gekry
Berlyn. – Duitse polisie het gister die lykies van drie babas in ’n vrieskas gevind en die vrou wat glo die ma is, gearresteer. Die vrou se volwasse seun en dogter het die drie lykies Saterdagaand, toe die ouers vir die naweek Swart Woud toe is, in die vrieskas gevind. “Hulle het besluit om die vrieskas skoon te maak omdat dit vol kos was waarvan die vervaldatums verstryk het . . . toe hulle die eerste sak kry,” het insp. Herbert Fingerhut gesê. Die twee het gewag vir hul ouers om Sondagoggend terug te keer en hulle toe gekonfronteer. Die 44-jarige vrou, haar man en dogter is kort daarna polisiekantoor toe, waarna ’n polisiemotor na die huis in Wenden, sowat 100 km oos van Bonn, gestuur is. Die drie babas is in plastieksakke in die vrieskas ontdek. Duitsland is die afgelope jare deur soortgelyke voorvalle geruk. – Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|