Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Jy, swem met een been? Kan nie wees’
May 05 2008 08:15:40:550PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Natalie du Toit duik in die Guadalquirivier tydens 'n oefensessie gister in Sevilla, Spanje. Foto: Armando Franca, AP
Adnaan Mohamed


Kaapstad. – Die gestremde swemmer Natalie du Toit moes baie lank vir haar kunsbeen wag nadat sy Saterdag by die Wêreld-opewater-swembyeenkoms in Sevilla, Spanje, vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer het.

Die meeste van die beamptes was nie bewus dat Du Toit gestrem is nie. Hulle wou Anarita Strydom, haar bestuurder, nie toelaat om onmiddellik nadat sy klaar geswem het, haar kunsbeen na haar te neem nie.

“Hulle kon nie juis Engels verstaan nie.

“Ja, dit was eintlik snaaks omdat hulle (die beamptes) nie kon glo dat ek net een been het nie. Ek dink dit was net die media wat daarvan bewus was.

“Eers toe ek uit die water klim, het hulle dit agtergekom,” het Du Toit gister gesê.

Sowat 50 van die wêreld se voorste langafstand-swemmers het aan die 10 km-item deelgeneem.

Die 24-jarige Kapenaar moes onder die eerste tien swemmers eindig om vir die Olimpiese Spele in Augustus in Beijing, China, te kwalifiseer.

Die swemheldin het in 2 uur 2 minute 7,8 sekondes in die vierde plek geëindig en in die proses sportgeskiedenis gemaak deur die eerste gestremde atleet te word wat vir ’n Olimpiese Spele kwalifiseer.

Dit is die eerste keer dat die opewater-item oor 10 km deel van die Olimpiese program is.

Volgens Du Toit was dit altyd haar droom om aan ’n Olimpiese Spele deel te neem.

Op 16-jarige ouderdom het sy byna vir die Spele in Sydney gekwalifiseer, maar ’n jaar later het sy haar been in ’n bromponie-ongeluk verloor. Sy het egter nie toegelaat dat dit in haar pad staan nie. “Toe ek ses jaar oud was, het ek al gedroom om aan ’n Spele deel te neem. Ná die motorfietsongeluk het ek gedink dit sou dalk nie gebeur nie.

“Ek is nie iemand wat maklik huil nie, maar ná Saterdag se uitputtende swem het die trane net begin rol, want ek het geweldig hard hiervoor gewerk,” het Du Toit laat blyk.

“Ek was aan die begin van die kompetisie die laaste swemmer in die water. Ná 4 km was ek in die negende posisie en ná 5 km het ek na die vierde plek opgeskuif. Hier teen die einde was ek in ’n stadium derde en ek was ongelukkig om nie die bronsmedalje te wen nie,” het Du Toit gesê.

Sy sal vandag aan die item oor 5 km deelneem.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |