Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Ek is nie 'n monster', sê Fritzl oor kinders St. Poelten (Oostenryk). – Josef Fritzl (73), die Oostenryker wat sy dogter 24 jaar lank as ’n seksslaaf aangehou het, het aan sy prokureur, Rudolf Mayer gesê: “Ek is nie ’n monster nie.” Mayer het dit aan die Oesterreich-poniekoerant oorgedra. In die Oesterreich beweer Fritzl verder dat hy die lewe van Kerstin, sy oudste kind by sy dogter, gered het. Kerstin is op 19 April hospitaal toe gehaas omdat haar organe besig was om in te gee. Dokters vermoed dit is ’n gevolg van haar jare lange aanhouding. Dit het gelei tot die ontdekking van Fritzl se wandade. Maar hy beweer: “As dit nie vir my was nie, was Kerstin nou dood.” Volgens mnr. Guenther Moerwald, direkteur van St. Poelten, die tronk waar Fritzl aangehou word, word hy van die res van die gevangenes weggehou uit vrees vir geweld. Mayer het vroeër die week gesê dat Fritzl ’n geestesversteuring vir versagtende omstandighede sou aanvoer. – Sapa-AFP
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|