Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Het Zim wapens gekry of nie? Hoë se uitlatings laat almal wonder
Het Zimbabwe sy vrag wapens gekry of het hy nie? Dít is die vraag wat ontstaan het nadat die Zimbabwiese regering by monde van mnr. Bright Matonga, adjunkminister van inligting, op ’n Irans geborgde televisieprogram gesê het hy weet nie waarom daar nog ’n bohaai gemaak word oor dié wapens nie aangesien dit reeds in Zimbabwe aangekom het. Luidens ZW News het verteenwoordigers van drukgroepe in Zimbabwe hul teleurstelling met die Angolese regering uitgespreek omdat dié land bereid was om die Chinese vragskip, die An Yue Jiang, met die besending wapens te ontvang. Volgens mnr. Sam Dawson, woordvoerder van die International Transport Worker’s Federation, het die skip die hawe van Luanda eergister verlaat nadat dit glo net ’n vrag sement en boumateriaal afgelaai het. Volgens Dawson het vakbondlede wat by Luanda se hawe werk, gesê geen poging is aangewend om die 70 ton wapentuig, bestaande uit ammunisie, mortiere en vuurpyle, af te laai nie. Die skip het water en kos aan boord geneem voordat dit weer vertrek het. Volgens Dawson het vakbondwerkers die aflaaiproses deurentyd dopgehou, terwyl die Angolese polisie ook ’n wakende oog daaroor gehou het. Volgens Lloyd’s in Londen se maritieme intelligensie-eenheid het die skip vervolgens blykbaar weer gedoen wat gebeur het sedert die skeepskaptein met skip en al uit die Durbanse hawegebied laat spat het: Die sender wat sy posisie na radiobakens aan die kus deursein, is afgeskakel. Dít beteken Lloyd’s se laaste posisie vir die skip wys steeds dat dit in die hawe van Luanda is. Dit is dus onbekend of die skip noordwaarts teen die weskus opvaar en of dit weer om Kaappunt terug China toe gaan. Vroeër is in Malawi berig dat dié land se regering die wapens via Pointe Noire in Kongo- Brazzaville gaan ontvang en dan sorg dat dit in Zimbabwe uitkom. Dit is nie duidelik of Matonga dalk verwys het na ’n tweede besending wapentuig wat na verwagting reeds ’n week gelede per vliegtuig regstreeks vanaf China na Harare versend sou word nie. Die presidensiële straler van pres. José Eduardo dos Santos van Angola is ook vandeesweek op Harare se lughawe opgemerk, maar dit is onbekend wat die doel van die besoek was.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|