Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tot ’n jaar voor Zim vir leier kan stem
Dit kan tot ’n jaar wees voordat Zimbabwe ’n uitklopverkiesing vir president kan hou. Só het regter George Chiweshe, hoof van die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZVK), aan mnr. Marwick Khumalo van Swaziland, voorsitter van die Pan-Afrika-parlement (PAP) se waarnemerspan wat die aanvanklike verkiesing gemonitor het, gesê. Khumalo het gister sy verslag oor die Zimbabwiese verkiesings aan die PAP voorgelê. Volgens hom het Chiweshe gesê die grondwetlike vereiste dat die herverkiesing binne 21 dae ná die finale aankondiging van die uitslae op 2 Mei plaasvind, is nie prakties haalbaar nie. Voorbereidings vir só ’n verkiesing sal glo veel langer vat. Een parlementslid het die nuus dat die verkiesing op die langebaan geskuif kan word as “pynlik” bestempel. Ander lede het net spontaan begin lag. Dit kom nadat dele van Khumalo se verslag die oë laat rek het. Die kernbevinding is dat die ZVK beheer oor die verkiesing verloor het. Een van die bisarre reëls van die Mugabe-regering waarop die verkiesingswaarnemers van PAP op afgekom het, was dat die hoofde van die veiligheidsmagte in Zimbabwe hul lede beveel het om geen wenner van die presidentsverkiesing in daardie land te salueer as sy naam nie pres. Robert Mugabe is nie. Van die belangrikste PAP-bevindings was dat die voorverkiesingstyd, ten spyte van vrese tot die teendeel, plaasgevind het in “omstandighede wat kredietwaardig, vry en regverdig” was, maar dat “die gebeure sedertdien – die weerhouding van uitslae – ernstige kommer laat oor hele verkiesingsproses”. Daar is ook gevind die onortodokse hertelling van die stembriewe, selfs voordat die (aanvanklike) uitslae bekend gemaak is, is aanduidend dat die ZVK reeds lankal beheer van die proses verloor het. Die gevolg is dat verkiesingsproses en die grondwetlike verpligtinge van die ZVK ernstig onder verdenking geplaas is. Verdere bevindings sluit in dat daar meer as twee keer meer stembriewe (9 miljoen) was as wat daar geregistreerde kiesers was. Toe die PAP-waarnemers die ZVK daaroor uitvra, was die antwoord dat dit om “strategiese redes” was. Dit, sê die PAP, laat die ruimte vir misbruik en kan die kredietwaardigheid van die proses kompromitteer. Dit het ook gebeur dat 70 kiesers ’n tent van 300 vierkante meter as tuisadres aangegee het. Die PAP-waarnemers kon dié adres met ’n ter plaatse besoek nie in ’n gebied van “leë erwe vind nie”. Die PAP-sending het volgens Khumalo self gesien hoe Mugabe geskenke oos busse, rekenaars, motors, kos en landbou-toerusting tydens die veldtog uitgedeel het. “In verkiesingstyd kan sulke donasies gesien word as die omkopery van kiesers,” lui die verslag. Ondertussen het ’n Suid-Afrikaanse lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se moniteringsspan, oud-ambassadeur Kingsley Mamabolo, gister bevestig dat pres. Thabo Mbeki ’n span van agt waarnemers na Zimbabwe gestuur het om die aard en die omvang van die geweld daar te ondersoek. Hy kon nie sê wanneer dié span sal verslag doen nie.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|