Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dodetal kan tot 100 000 styg
    May 08 2008 08:22:45:143AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Erika Gibson en DPA


    Die dodetal ná die tropiese sikloon Nargis kan waarskynlik tot soveel as 100 000 styg.

    Dít volgens me. Shari Villaros, ’n diplomaat by die Amerikaanse ambassade in Jangon, Mianmar (voorheen Birma) se grootste stad.

    Hoewel die amptelike syfer tans op 60 000 staan, het sy gesê dat dié syfer sal styg soos wat vermistes opgespoor word.

    Intussen word ’n Suid-Afrikaanse poging om in die sikloongeteisterde Mianmar te gaan help, tans weens die chaos in dié land in die wiele gery.

    Vliegtuigbrandstof-opslagplekke by Jangon is deur vloedwater oorstroom en die land se militêre regering blyk traag te wees om visums vir noodlenigingswerkers toe te staan.

    Dit is tans die naasgrootste ramp weens natuurlike oorsake in dié gebied sedert ’n tsoenami Indonesië en aanliggende lande in Desember 2004 getref het. Meer as 300 000 mense is tóé dood.

    Nargis het die suidelike deltagebiede van Mianmar Saterdag getref en dié gebied is deur vloedwater verswelg.

    Gift of the Givers, ’n Suid-Afrikaanse Moslem-noodlenigingsgroep, het al voorrade gereed om te gaan aflewer, het dr. Imtiaz Sooliman gister gesê.

    “Toegang tot die land is ’n probleem en dit lyk nie of die regering dít vinnig gaan oplos nie.”

    Die groep het sowat R5 miljoen se tente, komberse, kookstelle, plastiekseile, kos, medisyne en slaapsakke gereed. Nog skenkings kan ook in Doebai, Pakistan en Indië opgelaai word – mits die groep die nodige magtigings kry vir ’n Ilyushin 76-vragvliegtuig en sy span aan boord.

    Dit duur vier tot vyf dae vir ’n vragvliegtuig om oorvliegmagtiging van Indië te verkry.

    Luidens Irin, die Verenigde Nasies (VN) se nuusdiens, is honderdduisende mense dakloos gelaat toe stormwinde van tot 190 km/h met die sikloon gepaardgegaan het.

    Die sikloongeteisterde gebiede is boonop haas onbegaanbaar met bome wat paaie toegeval het of paaie wat weggespoel is.

    Die gebied is Mianmar se grootste rysproduksiegebied, wat volgens die VN voedseltekorte vir die volgende paar maande gaan veroorsaak.

    Daar is haas geen skoon drinkwater nie en volgens die VN is siektes weens die onhigiëniese omstandighede die verwagte sekondêre krisis.

    Mianmar se militêre regering, wat berug is vir die onmenslike verdrukking van sy inwoners, word reeds beskuldig dat hy te min doen om noodspanne tot die land toe te laat.

    Die owerheid is glo deur Indië se sikloonwaarskuwingsentrum oor die sikloon ingelig, maar het nie betyds ’n waarskuwing uitgereik nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |