Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
VSA hunker na ma’s
New York. – Claire Huxtable, die ma in The Cosby show, het pas tweede in ’n Amerikaanse meningspeiling oor gunsteling televisiema’s gekom. Die peiling deur Harris Interactive toon dat Claire Huxtable as ma en prokureur vir vroue bewonderenswaardig is. Meer mans het egter June Cleaver, die ma in die 1950’s reeks Leave it to Beaver, verkies. Sy was ook die wenner. Volgens me. Regina Corso, Harris-direkteur, is dit omdat Cleaver by tuis gebly en haar kinders met melk en koekies ingewag het. “Mens kry die gevoel dat, met dié dat daar soveel gesinne is waar albei ouers moet werk, mense hunker na ’n ma wat altyd beskikbaar is,” het Corso gesê. Uit die 10 televisiema’s op die lys, was meer as die helfte wat goed gevaar het afkomstig uit die 1950’s tot 1980’s. Lorelei Gilmore van The Gilmore Girls en Marge Simpson van The Simpsons beklee die onderste twee plekke op die lys van tien vroue. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|