Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Gebelgde vrou hou haar eks lank aan
Brussel. – ’n Belgiese vrou wat glo haar voormalige kêrel vyf maande lank in haar huis gevange gehou het, is volgens aanklaers eergister gearresteer op ’n klag van vals aanhouding. Sy het die man sedert die verbrokkeling van hul verhouding in Desember in haar huis in Lessines, sowat 50 km wes van Brussel, gevange gehou. Die man (29) is in dié tyd deur die polisie gesoek in verband met ’n klag van dwelmhandel. Hy is nou in die tronk. Die vrou se broer en nuwe kêrel, wat in die huis ingetrek het, is volgens amptenare ook gearresteer. Al drie kan vir tussen een en vyf jaar tronk toe gaan. “Die aangehoudene is sleg behandel en het nie goed geëet nie,” het ’n hofamptenaar van die dorpie Toernei gesê. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|