Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SA se wapenvennoot erken swak etiese kode
Londen. – Die Britse wapenverskaffer wat ondersoek word vir korrupte transaksies met Suid-Afrika, het erken sy etiese standaarde was in die verlede nie voldoende nie. BAE Systems se voorsitter, mnr Dick Olver, het pas in ’n ondersoekverslag gesê hulle het ook nie genoeg aandag daaraan gegee om bedrywighede wat skadelik kan wees vir hul beeld te vermy nie. Dié maatskappy, wat Europa se grootste wapenhandelaar is, gaan nou self ’n etiese “monitor” aanstel om hul bedrywighede dop te hou. BAE se kontrakte met Suid-Afrika behels die verskaffing van 24 Hawk-vegvliegtuie. Sy transaksies met minstens sewe ander lande, insluitend Saoedi-Arabië en Tanzanië, is egter ook onder die soeklig. Intussen is die ANC gister hier gekritiseer vir sy besluit om die Skerpioene, wat korrupsie rakende die wapenaankope in Suid-Afrika ondersoek, te ontbind. Die organisasie Campaign Against Arms Trade (CAAT) het ’n betoging in Westminster gehou – by die Queen Elizabeth-konferensiesentrum, nie ver nie van waar oud-pres. Mandela se standbeeld pryk. Volgens sy woordvoerder, mnr. Symon Hill, is hulle ontevrede oor die nuus oor die Skerpioene se moontlike ontbinding. Hy het gesê die ANC moet weer gaan kyk watter maatskappye het sake gedoen met die apartheidsregering. CAAT het verlede maand ’n hofsaak gewen teen die Britse regering se besluit om sy ondersoek na die Saoedi-kontrakte te staak. BAE het gister by die konferensiesentrum waar die betoging was, sy eerste algemene jaarvergadering gehou sedert die hofuitspraak. Die ondersoek na sy etiese kodes is gedoen deur ’n afgetrede regter, Lord Woolf, en het ?1,7 miljoen (sowat R25 miljoen) gekos - wat deur BAE betaal is. Die Woolf-verslag is egter gekritiseer as ’n “verontskuldiging”. Luidens ’n berig in The Daily Telegraph bepaal die verslag hom slegs by huidige etiese prosedures en stel dit nie ondersoek in na die vele omkopery-bewerings nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|