Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Mbeki en Mugabe vergader
3 uur lank
Terwyl pres. Thabo Mbeki gister drie uur lank in Harare met pres. Robert Mugabe samesprekings gevoer het, het dokters in dié land beweer geweld styg drasties. Mbeki het joernaliste ná die samesprekings by die Staatshuis in Harare vermy en na die Suid-Afrikaanse ambassade in die stad vertrek. Teen druktyd gisteraand was daar geen verklaring deur enige van die partye nie. Mbeki sou, volgens mnr. Ronnie Mamoepa van die departement van buitelandse sake, tydens sy besoek met die land se “politieke leierskorps” vergader. Dit sou hy doen in sy hoedanigheid as die bemiddelaar van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Mamoepa het gisteraand gesê hy het “geen idee” wat in Harare gebeur het nie en kon ook nie sê of Mbeki lede van die beweging vir demokratiese verandering (MDC) ontmoet het of sou ontmoet het nie. Die MDC in Harare het by monde van mnr. George Sibotshiwe gesê hulle is bewus van die ontmoeting tussen Mbeki en Mugabe, maar dat hulle nie ’n uitnodiging ontvang het om Mbeki te ontmoet nie. Dit blyk dat die MDC-leier, mnr. Morgan Tsvangirai, steeds in Suid-Afrika is. Hy hou vandag ’n mediakonferensie in Pretoria waartydens hy waarskynlik sal reageer op Mbeki se besoek aan Harare. Tsvangirai het die presidentsverkiesing met byna 48% teenoor Mugabe se 43% gewen. Omdat hy nie ’n volstrekte meerderheid het nie, moet ’n uitklopverkiesing volg. Sy aandrang daarop dat Mbeki hom as bemiddelaar onttrek, is gister deur die MDC in Harare deur Sibotshiwe herhaal. “Ons het geen vertroue in Mbeki nie.” Die MDC, wat tot dusver geweier het om Tsvangirai tot die uitklopverkiesing te verbind, sê Mugabe het reeds sy veldtog begin. Mbeki se besoek aan Harare is voorafgegaan deur ’n span Suid-Afrikaanse militêre deskundiges wat die voorkoms van geweld moes ondersoek. Dis nie duidelik of Mbeki gistermiddag deur die span ingelig is nie. ) Dokters van die organisasie Dokters vir Menseregte het gister in ’n verklaring gesê daar is ’n skerp styging in die getalle pasiënte wat in geweld beseer word. “Sedert ons verslag op 25 April het ons ’n dramatiese styging van georganiseerde geweld en marteling ervaar. Meer as 900 gevalle is sedertdien aangemeld en die getalle kan veel hoër wees,” lui die verklaring. – Media24-Afrika-kantoor, Sapa-AFP en Reuters
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|