Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Malawiese hoë aan Madonna se kant
Blantyre (Malawi). – Die superster Madonna kan die Malawiese seuntjie David Banda, wat tydelik aan haar sorg toevertrou is, maar hou. Dit staan ook ander internasionale sterre vry om wesies in Malawi aan te neem. Só sê me. Patricia Kaliati, Malawiese minister van inligting, in ’n onderhoud met Media24 se Afrika-kantoor. Sy het aan die vooraand van die finale hofbeslissing oor die aanneming van die driejarige David, wat Donderdag plaasvind, diegene wat teen die finale aannemingsbevel gekant is, as “engele van die duister” bestempel. “Ons gee nie om wat hulle sê nie. Hulle het harte van klip. Hulle verkwalik Madonna, maar wat het hulle gedoen om die lyding van wesies in Malawi te versag?” Die minister het die vertroue uitgespreek dat die hof in Madonna se guns sal beslis. “Ons wil graag hê dat daar meer internasionale sterre soos sy hierheen kom om wesies aan te neem. Diegene wat nie daarin belang stel om dit te doen nie, kan ons altyd help deur geldelike en ander skenkings te doen om weeshuise beter toe te rus.” Kaliati is gevra om kommentaar te lewer oor ’n “gelekte” verslag van die Malawiese amptenaar wat deur die hof aangewys is om verslag te doen oor hoe David aanpas. Die verslag wat Donderdag in die hof sal dien, lui dat “mnr. en mev. Richie (Madonna en haar man, Guy) bewys het hulle is toegewyd daaraan om die kindjie te voorsien van alles wat hy nodig het soos liefde, ’n huis, versorging, beskerming, materiële en emosionele ondersteuning”. Die amptenaar skryf voorts: “Die waarneming van die kind se groei en ontwikkeling is van só ’n aard dat dit in die beste belang van die kind is dat hy aangeneem word. Hulle is geskikte ouers.” Kaliati sê dit maak nie saak wat die verslag sê nie. “My kommentaar is belangriker as die (hof)dokument. Die standpunt van die regering is dat ons aanneming (van wesies) voorstaan.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|