Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Geen juwele vir tieners ‘daar onder’
Sydney. – Tieners in Nieu-Suid-Wallis gaan verbied word om gaatjies vir juweliersware in hul intieme liggaamsdele te laat skiet. Eergister het die owerhede gesê dié modeneiging is ’n gesondheidsrisiko. Mnr. Kevin Green, die provinsie se minister vir gemeenskapsdienste, het gesê die skiet van gaatjies in die tepels en genitalieë van tieners onder 16 sal onwettig wees en kinders sal hul ouers of voogde se toestemming benodig vir gaatjies in hul ore, neus of naeltjie. “Hepatitis B of C, toksiese skok of bloedvergiftiging is moontlike gevolge,” het Green gesê. Oortreding van dié nuwe wet dra ’n maksimumboete van $20 600 (sowat R158 620). Die nuwe wette sal volgens Green binne twee weke in werking tree. – Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|