Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Soek jy ’n werk? Oefen jou handdruk!
May 09 2008 09:58:56:683PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Canberra. – ’n Eenvoudige, goed uitgevoerde handdruk kan die deurslag gee tydens ’n werkonderhoud, volgens ’n nuwe studie.

Navorsing deur die Universiteit van Iowa het bevind dat aansoekers met ’n ferm handdruk ’n baie beter kans het om die werk te kry as dié met ’n pap handdruk.

’n Ferm handdruk is selfs belangriker as klere of fisieke voorkoms aangesien dit die onderhoudvoerder se eerste indruk van die aansoeker is.

“Ons het gevind dat die eerste indruk met die handskud begin, wat die grondslag vir die res van die onderhoud is,” het prof. George Stewart, mede-professor van bestuur en organisasie by die Tippie Sake-kollege, gesê.

Hy het bygevoeg dat hierdie studie die eerste is waarin die waarde van ’n handdruk in ’n werkonderhoud vasgestel is.

Die studie wat in September in die Journal of applied pscyhology gaan verskyn, is onder 98 studente van die kollege gedoen.

Hulle het aan kamma-werkonderhoude met plaaslike sakelui deelgeneem.

Die onderhoudvoerders het punte gegee vir algemene indrukke oor elke student se aanstelbaarheid.

Vyf opgeleide handdruk-beoordelaars het ook vir elke student punte toegeken. Die punte is daarna vergelyk.

Volgens Stewart het die navorsing bevind dat dié studente wat hoë punte vir hul handdruk gekry het, ook deur die onderhoudvoerders as die mees aanstelbare geag is.

Daar is ook gemeen dat dié studente meer ekstroverties is en beter sosiale vaardighede het.

Die studente met pap handdrukke is gesien as minder joviaal en in die algemeen minder indrukwekkend.

“ ’n Mens onthou waarskynlik nie bewustelik ’n persoon se handdruk en of dit goed of sleg was nie.

“Maar ’n handdruk is een van die eerste nie-verbale leidrade omtrent iemand se persoonlikheid en dit is die indruk wat ’n mens onthou,” het Stewart gesê.

’n Sleutel tot ’n goeie handdruk? ’n Algehele, ferm greep, oogkontak en energieke op-en-af-beweging. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |