' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Met masjien kan jy jou eie petrol uit suiker vervaardig
May 09 2008 09:58:56:170PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Seuntjie vul vandeesweek glasbottels met petrol wat aan klante op straat in Makassar in Indonesië verkoop sal word. Oliebrandstowwe raak steeds elke maand wêreldwyd duurder. 'n Maatskappy in die VSA sê met húl produk kan jy jou eie etanol by die huis brou - wat jy direk in jou motor kan gooi. Foto: Reuters

New York. – ’n Nuwe Amerikaanse maatskappy wil motoriste ompraat om hul “oliegewoontes” agter te laat ten gunste daarvan om hul eie etanol-brandstof by die huis te brou.

E-Fuel Corp het eergister hul Microfueler-masjien bekendgestel wat glo die eerste masjien ter wêreld is wat gebruikers in staat stel om hul eie etanol, wat hulle direk in hul motors kan gooi, te brou.

Dié masjien, wat in die VSA vir sowat $10 000 (R76 000) verkoop, lyk baie soos een van die petrolpompe by jou naaste vulstasie.

’n Sleutelverskil is die afwesigheid van die teller jou geld so genadeloos by die sekonde aftel.

Oliebrandstofpryse vir petrol en diesel staan tans byna wêreldwyd op ’n rekordhoogte. Die hoë olieprys het verder tot gevolg dat voedselpryse wêreldwyd ook baie hoog is.

Die Microfueler, wat aan jou huis se water- en kragtoevoer gekoppel word, bied volgens E-Fuel Corp vryheid van dié stygende olieprys.

Jy kan met dié masjien glo jou eie etanol vervaardig teen sowat R2 per liter. Dít is nou nadat jy die Microfueler self eers afbetaal het.

Een van dié masjien se groot voordele is volgens E-Fuel Corp die Microfueler se “suikertand”. Met die Microfueler brou jy etanol vanuit suiker – wat wêreldwyd baie goedkoop en volop beskikbaar is.

Dit vermy dus die kwessie rakende grootskaalse etanol-aanlegte wat van graan gebruik maak om etanol te vervaardig – en daarvan beskuldig word dat hulle voedselpryse opjaag.

“Sover ons weet is daar geen ma in die VSA wat huil omdat haar kind nie genoeg suiker kry nie,” het mnr. Tom Quinn, uitvoerende direkteur en stigter van E-Fuel Corp, gesê.

Gewone tafelsuiker is volgens Quinn te duur, so E-Fuel Corp beplan om van goedkoop, onverfynde suikers gebruik te maak.

Hy glo dat die Microfueler homself vinnig sal afbetaal. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |