Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Bloedskande ‘verslawend’
Wene. – Die man wat sy dogter 24 jaar lank in ’n ondergrondse kelder gevange gehou het en die pa van haar sewe kinders is, het gesê hy het verslaaf geraak aan die bloedskande met haar en hy het haar gevange gehou om haar teen die buitewêreld te beskerm. Mnr. Josef Fritzl (73), wat sy dogter Elisabeth (42) in 1984 begin toesluit het toe sy 18 jaar oud was, het in ’n verklaring gesê hy het haar ’n jaar later begin verkrag, het mnr. Rudolf Mayer, Fritzl se regsverteenwoordiger, eergister aan die tydskrif News gesê. “My drang om met haar seks te hê, het net sterker en sterker geword,” het Fritzl volgens Mayer gesê. “Ek het geweet Elisabeth wou nie gehad het ek moet doen wat ek met haar gedoen het nie. “Ek het geweet ek het haar seergemaak. Dit was soos ’n verslawing. In werklikheid wou ek kinders by haar gehad het. “Ek was bly oor die kinders. Dit was lekker vir my om ook ’n regte gesin in die kelder te hê, met ’n vrou en ’n paar kinders.” Fritzl het gesê hy het sy bes probeer om vir sy geheime ge-sin te sorg en die kelder as ’n gewone huishouding beskryf. “Wanneer ek in die kelder gegaan het, het ek blomme vir my dogter, boeke en speelgoed vir die kinders gevat, en ek het avontuurvideo’s saam met die kinders gesit en kyk terwyl Elisabeth ons gunsteling-maaltyd voorberei het. En dan het ons almal om die tafel gesit en saam geëet.” Hy het gesê hulle het selfs verjaardae en Kersfees gevier deurdat hy Kersbome, koeke en geskenke die kelder ingesmok-kel het. Fritzl het Elisabeth toegesluit nadat sy glo “al die reëls gebreek het” nadat sy puberteit bereik het. Sy het na kroeë gegaan, alkohol gedrink, gerook en ’n paar keer van die huis af weggeloop. “Ek moes voorsorgmaatreëls tref, ek moes ’n plek skep waar-in ek haar van die buitewêreld kon weghou, met geweld as nodig.” Volgens Fritzl het hy onder Nazi-heerskappy grootgeword, wat klem plaas op dissipline en dit kon hom beïnvloed het, “maar ek is geen monster nie”. “My situasie het by die dag maller geword. Ek het weer en weer daaraan gedink of ek haar moet vrylaat.” Elisabeth het aan die polisie gesê die seksuele mishandeling het al begin toe sy 11 jaar oud was, maar Fritzl het dit ontken. “Dit het eers later begin. Nie voordat sy op die grondverdieping was nie.” Dit het ook aan die lig gekom dat Elisabeth uit haar ouerhuis wou trek kort voordat sy toege-sluit is. In ’n brief wat sy op 9 Mei 1984, net maande voordat sy verdwyn het, geskryf het en wat eergister in die koerant Oesterreich gepubliseer is, het sy aan ’n vriend geskryf dat sy by haar suster en haar vriend wou intrek. Fritzl het ook gesê hy het geweet sy gedrag was verkeerd en dat hy mal moet wees om dit te gedoen het. “Ek het geweet dat wat ek gedoen het, verkeerd is, dat ek mal moes wees om só iets te doen.” Mayer het gesê sy kliënt behoort sielkundige toetse te ondergaan om vas te stel of hy verhoor kan word. Intussen het ’n regter gister beveel dat Fritzl vir nog ’n maand in aanhouding bly. Hy kan tot 15 jaar tronkstraf weens verkragting en afsonde-ring gevonnis word, asook lewenslank as hy aan manslag skuldig bevind word ná die dood van een sy kinders kort ná geboorte in die kelder. – Reuters, Sapa-AP, Sapa-AFP
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|