Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Onthef Mbeki van sy Zim-pligte, vra blad
May 11 2008 09:45:57:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith


Washington. – Dit is hoog tyd dat die Sui?der-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) pres. Thabo Mbeki van sy pligte as bemiddelaar in Zimbabwe onthef en self eis dat pres. Robert Mugabe onmiddellik die geweld in die land stopsit, skryf die Washington Post.

Nadat Suid-Afrika as voorsitter van die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad verlede maand ’n bespreking van die Zimbabwe-kwessie gekeer het, moet Brittanje as nuwe voorsitter ’n nuwe aksieplan oorweeg. Dit sluit in ’n resolusie om Mugabe te beveel om die onderdrukking te staak en internasionale toesighouding oor ’n moontlike tweede ronde in die presidentsverkiesing toe te laat.

Die koerant skryf in sy hoofartikel onder die opskrif Zimbabwe’s terror Mbeki is die “belangrikste hindernis” in die weg van internasionale ingryping in die krisis in Zimbabwe.

Hy is veronderstel om namens die SAOG as bemiddelaar op te tree, maar “het niks gedoen om die geweld te keer nie, ondanks stygende woede in sy eie land”.

Mbeki het ook nie druk op Mugabe geplaas om die uitslag van die verkiesing te aanvaar nie, nadat hy 43% en mnr. Morgan Tsvangirai 48% van die stemme in die verkiesing getrek het.

Mugabe se mense weier nou om die tweede ronde van die verkiesing binne die verlange drie weke te hou en kan dit tot so lank as 12 maande vertraag.

In die tussentyd is Mugabe se plan duidelik om die land te terroriseer om vir hom te stem. Slegs die ingryping van Zimbabwe se bure of die VN kan hom stop. Daarom is dit hoog tyd vir die SAOG om Mbeki van sy pligte te onthef en self te eis dat Mugabe onmiddellik die geweld stop.

Die New York Times skryf in ’n hoofartikel met die opskrif Mr. Mugabe’s cynical plan daar is geen twyfel nie dat Tsvangirai die verkiesing gewen het en Mugabe se trawante die weke sedert die verkiesing gebruik het om Tsvangirai se ondersteuners en enigiemand wat dit durf waag om die regering te kritiseer, te terroriseer.

Mbeki het geweier om die verantwoordelikheid op hom te neem om die krisis op te los. Duisende van die geterroriseerde Zimbabwiërs stroom oor die Suid-Afrikaanse grens, maar steeds weier hy om te erken die chaos in Zimbabwe bedreig die stabiliteit van sy eie land en die streek.

“Die enigste verduideliking hiervoor is sy misplaaste lojaliteit teenoor Mugabe wat eens ’n held was omdat hy Zimbabwe na ’n meerderheidsregering gelei het. Daardie dae is lankal verby en Mbeki kan nie ’n hele land opoffer vir net een man nie,” lui die hoofartikel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |