Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Christene
wêreldwyd
bid saam
Christene van regoor die wêreld het gister deelgeneem aan die wêreldwye dag van gebed. Uit meer as 200 lande en gebiede het groepe gelowiges geregistreer om deel te neem en in Suid-Afrika alleen het meer as 460 dorpe, stede en voorstede geregistreer. Dit het gewissel van plekkies soos Oviston in die Oos-Kaap en Kwaggafontein in Mpumalanga, tot talle voorstede en townships aan die Rand en in en om Pretoria. Met die strategie om plaaslik bymekaar te kom, maar globaal te bid, word dié dag nie meer gekenmerk deur groot stadionbyeenkomste soos vroeër nie. Die teksvers wat as inspirasie vir die dag dien, is 2 Kronieke 4:17 wat sê as God se mense hulself verootmoedig en bid en afsien van hul sonde, sal Hy hulle vergewe en hul land genees. – Neels Jackson
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|