Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Ons gaan julle nou ook slaan’
Harare – Die polisie in Zimbabwe het ’n groep Westerse diplomate gister ’n kort tydperk lank aangehou nadat hulle na plattelandse omgewings gereis het om slagoffers van geweld ná dié land se verkiesing te besoek. Die ambassadeurs van die VSA, die Europese Unie, Brittanje en Japan het na die dorpe Mvurwi en Chiweshe, noord van Harare, gereis om inligting in te win oor aanvalle op hoofsaaklik opposisie-ondersteu-ners deur ondersteuners van pres. Robert Mugabe. Op pad terug na Harare is die groep sowat ’n uur lank deur gewapende polisielede aangehou. Die polisie het daarop aangedring dat hulle ’n diplomatieke brief wat hul besoek verduidelik, by die naaste polisiekantoor inhandig. “Ons gaan julle nou ook slaan,” het ’n intelligensiebeampte ’n beampte van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) gedreig nadat hulle gehoor het die groep het slagoffers van geweld besoek. Die polisie het vroeër gekeer dat die diplomate die gronde van die Mvurwi-hospitaal verlaat nadat hulle geëis het dat ’n fotograaf foto’s van aangerande pasiënte uitwis. “Hulle wou nie hê ons moes eerstehandse inligting oor die vlak van geweld op die platteland in ons besit hê nie,” het mnr. Paul Engelstad, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, gesê. Volgens die beweging vir demokratiese verandering (MDC) het 32 van die party se lede al gesterf in wraakaanvalle deur jeugmilisielede en soldate wat Mugabe onder-steun, oor die presidentsver-kiesing op 29 Maart. Mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier, het die verkiesing gewen, maar ’n uitklopverkie-sing gaan gehou word omdat syfers getoon het hy het nie die nodige 50%-stemme vir ’n volskaalse oorwinning gekry nie. Tsvangirai het gister gesê hy sal aan ’n uitklopverkiesing deelneem, selfs al is daar net waarnemers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) teenwoordig. Hy het dié naweek geëis dat internasionale waarnemers die land toegelaat word, maar die regering het geweier. Hy het ook geëis dat ’n SAOG-vredesmag ontplooi word en dat die geweld gestaak word. Die Zimbabwiese verkie-singskommissie (ZVK) het die MDC se voorstel dat die uitklopverkiesing op 23 Mei gehou word, afgeskiet. Die ZVK moet dié datum nog bekend maak. – Sapa-DPA, Reuters
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|