Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Noodtoestand in Zimbabwe?
Harare. – Pres. Robert Mugabe se regering kan binnekort ’n noodtoestand in Zimbabwe aankondig wat as ’n “verskoning” gaan dien vir die voortslepende politieke geweld in dié land wat hoofsaaklik deur sy eie ondersteuners gepleeg word. ’n Groep prokureurs van Mugabe se Zanu-PF-party het gevra dat die regering die noodtoestand verklaar aangesien die beweging vir demokratiese verandering (MDC) tot die geweld aanleiding gee. Die staatskoerant die Herald het gister berig die Zimbabwe Lawyers of Justice (ZLJ) het die regering gevra om die noodtoestand te verklaar. “Die ZLJ doen ’n beroep op die regering en pres. Mugabe om ’n noodtoestand te verklaar om die oproerigheid te onderdruk. Zimbabwe is in ’n oorlog betrokke teen buitelandse elemente wat plaaslike marionette gebruik,” het adv. Martin Dinha, die ZLJ se uitvoerende direkteur, gesê. Dinha het die MDC daarvan beskuldig dat dié party geweld aanvuur deur die aanhitsing van sy Westerse ondersteuners. “Westerse lande is bekend om die aanhitsing van geweld, burgeroorloë en konflik in Afrika en die Midde-Ooste. Zimbabwe moet nie in die lokval van die bose nasies se agenda beland nie.” Intussen het mnr. Nelson Chamisa, MDC-woordvoerder, gesê nog agt mense is tussen Sondag en eergister deur Zanu-PF-milisielede vermoor. Dié moorde bring die aantal MDC-ondersteuners wat sedert die bekendmaking van die verkiesing op 29 Maart se uitslae glo deur die Zanu-PF-milisie, weermag en oorlogsveterane vermoor is, op 32 te staan. “Hulle (die polisie) mag dit miskien wil ontken, maar ons het hulle name gegee van die slagoffers en die plekke waar die moorde plaasgevind het,” het Chamisa gesê. ) Die uitklop-presidentsverkiesing wat veronderstel was om vandeesmaand plaas te vind, is volgens Reuters tot so laat as Julie uitgestel. “Die tydperk waarin die tweede ronde presidentsverkiesing moet plaasvind, word hiermee van 21 dae na 90 dae ná die bekendmaking van die eerste verkiesing se resultate (op 2 Mei) verleng,” het mnr. Patrick Chinamasa, Zimbabwiese minister van justisie, gister luidens ’n staatskoerant namens die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZVK) gesê. “Dit is onwettig en onregverdig. Dit is om Mugabe en Zanu-PF tyd te gee vir die veldtog van geweld teen die MDC,” het ’n MDC-woordvoerder oor die uitstel gesê. Volgens mnr. Sam Dawson, woordvoerder, was die An Yue Jiang op pad na China via die Indiese Oseaan. “Dit blyk op pad huis toe te wees, maar die ander opsie wat hulle het, is om ’n Mosambiekse hawe aan te doen,” het Dawson gesê.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|