Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Amerikaner betrap glo ‘marsman’ by venster
Jun 01 2008 08:22:37:807PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith

Washington. – ’n Amerikaner beweer hy het vir die eerste keer ’n “marsmannetjie” op video vasgevang.

Volgens die gryserige video lyk wesens van die buitenste ruimte net soos Hollywood hulle al vir ’n eeu lank voorstel: Met ’n groot, ballonagtige kop, groot skrefiesoë en ’n mondjie soos ’n sandhaai.

Die enigste verskil is dat “marsmannetjies” nie noodwendig dwergies is nie.

Die wese wat in Nebraska afgeneem is, kan ’n kop langer as Victor Matfield wees. Hy is betrap waar hy deur ’n venster loer wat omtrent 2,43 m bo die grond is, hoewel hy op ’n drom of iets kon gestaan het.

Die video is glo op 17 Julie 2003 deur mnr. Stan Tiger Romanek in Nebraska gemaak.

Hy wou afloerders betrap wat sy twee tienerdogters dopgehou het, maar het toe iets betrap wat sommige vermoed die eerste besoeker van ’n ander planeet of heelal is wat op aarde op beeld vasgevang is.

“As dit ’n pop was, moet dit ’n baie fyn afgewerkte en gesofistikeerde pop wees,” het mnr. Alejandro Rojas, direkteur van die Mutual UFO Network (Mufon), op ’n nuuskonferensie in Denver, Colorado, gesê.

Hy glo die video is eg, hoewel dit verder bestudeer gaan word.

Romanek beweer hy het al meer as 100 onderonsies met ruimtewesens gehad.

Hy is glo al deur hulle ontvoer en het rooi hale op sy arms gehad waar hulle hom gegryp het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |